Soos Kat en Hond

Ons almal ken daardie “fighting like cats and dogs” maar in my huis is dit vriende soos kat en hond. Desember was ons drie weke weg van die huis en in hierdie tyd het my woef Jess en ons gentleman kat Katta groot maats geword. Hy slaap gereeld in haar bed en waar sy is, daar is hy. In die oggend wag hy net vir haar om op te staan voor hy uitgaan om sy besigheid te doen. As sy uit hardloop om vir iemand te gaan blaf, dan is Katta saam. Hy bring selfs vir haar “geskenkies” wat my laat gil want ek het nie geweet hier is sulke groot muise om die huis nie. Jig!! Vanoggend wou ek bietjie laat slaap. Net voor sewe hoor ek ‘n takka-takka-takka geluid van die deur se kant af. Ek sit regop en gruip vinnig na my bril sodat ek kan sien wat aangaan. Dit het gesous gisteraand so as dit ‘n slang is, sal en nie verras wees nie. Nope, dis ‘n kat voetjie wat onder die deur uitkom en dan die deur hak sodat hy kan “klop”. Katta is lief vir cuddle en dis koud so ek staan maar op en gaan maak oop. Dadelik vlieg hy om en hardloop gang af met Jess kort op sy hakke. Verbaas staan ek die twee agterna en kyk want skielik is ek nie meer die middelpunt van hulle lewe nie. Nee, hulle het nou mekaar en ek word eers gegroet as die twee klaar buite gaan patrollie doen het.

Dis regtig sweet dat die twee sulke groot maats is. Katta het die buurman se hond gestorm en op die neus gekap na Jess vreeslik gestaan en blaf het vir die indringer. En as ander katte kom en vir Katta kom boelie in die aand, dan is Jess eerste uit om hulle te jaag met Katta nie ver agter haar. Dis nou ware liefde.

WIN_20170131_08_24_50_Pro.jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

2 responses to “Soos Kat en Hond

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s