Boeke wat by jou bly

Enige Dalene Matthee boeke. Haar stories klim uit die boek, krap diep binne my rond en raak aan plekkies wat ek nie geweet het bestaan. Sy laat my emosies voel waarvoor ek nie woorde het. Haar storie is musiek wat net jy kan hoor en wat veraltyd by jou spook. Dit vat my weke om te herstel na ek een van haar boeke gelees het. Opgekrul in die bed, lê ek die verte in en staar. Ek gee my brein en liggaam kans om al die vreemde emosies te verwerk. Ek lees een keer ‘n jaar elke boek van haar wat ek het of kan kry. Duidelik hou ek daarvan om myself te straf.tOmCzh.jpg

Dinge van ‘n kind – Marita van der Vyver. Die boek het my onskuld oor seks weg gewas soos om ‘n koue stort te vat. Terwyl die ander vriendinne reeds woelig was met hulle boyfriends, het ek besluit dit sal gebeur waar en hoe ek wil en dat niemand my in ‘n ding in sal praat nie. Dit het gemaak dat ek die wonderlike bynaam Frosty the Ice Bitch gekry het omdat ek taamlik ongeskik met seuns was. Ek het nie tyd gehad vir simpel tiener hormone nie. Snaaks genoeg, dit was een van die “woelige” vriendinne wat my daardie bynaam gegee het. Tannie Marita het gemaak dat ek so bietjie van ‘n feminis op skool was. top-10-psychology-books-elearning-professional-read.jpg

Spud – John van de Ruit. Ek het gehuil, ek het gelag en toe ek die laaste boek toemaak het ek weer gehuil want ou Spud was nou groot en ons pad saam het tot ‘n einde gekom. Spud was so goed geskryf, dat hy tot vandag toe nog vir my soos ‘n regte mens voel wat ek geken het. Dit het my ook insig gegee oor hoe seuns dink. Horny little buggers with feelings.images

Fifty Shades of Gray – E.L James. Die kakste boek ooit. No jokes. Dis so vreeslik swak geskryf dat ek die boek net in die badkamer gelees het want dis waar kak hoort. En tog….dit het ‘n hele nuwe wêreld van kinky oopgemaak. Ek is nie skaam vir my lyf en ek is nie skaam oor seks nie. Niemand hoef te wees nie. Dis normaal en dis pret. Wat die boek gedoen het is om vir my te vertel dat ek nie weird is nie, daar is baie weirder mense as ek. Dit het ook mense, veral vrouens aan die praat gehad oor wat hulle sal doen of hoe ver hulle sal gaan. Dit het soort van elkeen ‘n free pass gegee om bietjie sy of haar freaky te explore. Dit het ook my gelei na die wêreld van “erotica books” wat ‘n skok was. Ek het nooit geweet daar is so baie mense wat so baie oor seks skryf nie. Glo dit of nie maar daar is mense wat swakker as James skryf en steeds boeke op die rak kry. Sex sells baby. O en ek het ook geleer dat “erotica” is alleenlik vir die Engelse taal. Moet nooit Afrikaanse pokkel stories lees nie. Jy is gewaarsku.

Enige Stephen King boek. Oom Stephen skryf baie goed. The end.

Ek kan heel dag skryf oor al die boek wat my lewe verander het, my hart geraak het of my brein laat kriewel het maar ek is seker dat selfs wordpress ‘n limiet het op hoe lank ‘n blog mag wees. Ek sal graag van elkeen van julle wil hoor watter boeke julle geroer het of ‘n moet-lees is, sodat ek dit op my lysie ook kan sit.47307399-books-wallpaper

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Boeke wat by jou bly

  1. AI so lekker gesels hierdie! Spud was vir my ook wonderlik – ek het die eerste boek hierdie vakansie vir my 12 jarige (toe nog 11) dogter gegee – sy het dit so geniet! En DInge van ‘n kind het my ook geraak. Maar Marita se Wegkomkans is haar boek wat ek die heel meeste nog gelees het – waarskynlik omdat dit die nouste tydlyn ooreenstemming met my lewe het. Elke keer as ek hom lees herleef ek n deel van my eie lewe ook. Skadelik het ek tot op hoofstuk 3 van Fifty shades geom en ek kon eenvoudig nie meer nie so swak geskryf en daar was nie feel juicy tot toe nie.

    Ek dink so bietjie oor die res en kom terug om te gesels

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s