Twee is ‘n band

So ek is bietjie agter die tyd. VERAL as dit kom by Afrikaanse musiek. Ek is nie ‘n fan nie. Gee my Zoid, van Coke of Heuwels Fantasties maar hou jou Steve en Darren asseblief. Sien, ek het te veel tyd vir internet surfing veral nou dat ek nie ‘n kursus het om te doen. My dae is oop en ek het gekies om my wêreld groter te maak. Ek swot nou op oor kruie van hoe om hulle te maak groei tot hoe om olie uit hulle te kry en medisyne met hulle te maak. Dan lees ek baie op oor verskillende gelowe en weet julle wat…dis almal dieselfde hoor. Party is so naby aan mekaar dat dit scary is. Anyway, as ek begin surf dan is ek soos ‘n kind in ‘n sweetie winkel want my aandag is maklik afleibaar. Ek begin met bome en eindig op pinterest waar ek tattoos soek. Weird. En op een van die internet avonture van my het ek op die band Twee afgekom. Hulle sing regtig baie mooi en Afrikaans nogal. Hulle liedjie Brandewyn hak nou al die hele week in my kop vas. As ek dit hoor wil ek ‘n rokkie aantrek en kaalvoet deur die huis dans.

14915373_1462200373809275_8530263917941160676_n.png

Twee bestaan uit hy en sy. Herman Kleinhans & Maria Rademan. Hy is ‘n goot ou met ‘n rooi baard en sy het ‘n glimlag wat ‘n foto ophelder. Ag ek hou net van hulle, ek is ‘n fan en toe dink ek dat ek dit met julle moet deel. Hulle is op Facebook so wees nuuskierig soos ek en gaan kyk waaroor gaan die hele storie. Dis nou maar my gegorrel vir die dag. Dis darem amper naweek.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

2 responses to “Twee is ‘n band

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s