Vettie Rehab?

cropped-059.jpgKom kuier vir my. Ek het vir ‘n vriendin vertel hoeveel gewig ek al verloor het en hoe haat ek dit. Regtig. Ek soek net fried chicken, chips en koek. Gelukkig is ons te ver van enige iets dat ek kan cheat. My vriendin reken toe dis presies wat sy nodig het, om vir ‘n rukkie weg te kom van al die versoeking en net die gemors uit haar lyf kry. Dis baie waar dat jy soos enige junkie detox (nou nie so bad soos die ouens met die drugs en dop nie). Jou lyf is seer, jou kop is seer, jy voel moeg, jy het moodswings en al waaraan jy dink is gemors kos. Al dag heeldag. Ek hou nie van soetgoed nie, eet skaars enige sweeties maar die laaste drie weke is dit al wat ek wou eet. Vandag voel dit of die ergste verby is. Ek voel goed vandag en dit voel of my moods nou weer stabiel is. Manlief behoort bly te wees. Anyway, toe het ek besluit ek gaan my vriende begin nooi vir ‘n “vettie rehab” kuiertjie. Hier is nie veel om te doen behalwe oefen, reg eet en die internet plat surf. Na ‘n week behoort jy al klaar beter te voel. En al wat dit jou gaan kos is ‘n vliegtuig kaartjie en ‘n open mind.

Jy kan selfs hier kom detox van ‘n verhouding. Jy kan heeldag op die stoep sit en die natuur in staar en uitsort waar jy wil wees. Sonder dat enige ou ongenooi by jou huis opdaag of iemand jou nooi vir ‘n drankie of ‘n braai. Hier gaan jy kan sit en net dink. En as jy die dag bietjie bosmal wil gaan en die bottle leeg drink, gaan niemand eers van jou skandes weet nie behalwe ek natuurlik. Jy kan kaalgat in die yard rondloop en niemand in jou dorp sal ooit van dit uitvind. (Teensy my buurman in die modderhut skielik wifi gekry het)059

Jy moet net nie ‘n smart plek verwag nie. Hierdie is die bundus baby. Soms is hier nie warm water nie, dan bad jy in ‘n skottel. Ander kere is daar nie water, dan bad jy in die swembad. Die muskiete gaan jy leeg drink en die huisdiere gaan dink jy het vir hulle kom kuier maar dis ‘n small price vir total detox. Ja ek dink dis ‘n great plan. Ek sal jou selfs vat vir ‘n piekniek onder die sterre want jy het nog nie sterre so helder gesien soos hier nie. Manlief sal tog so bly wees want dan kan ek hou ophou pes vir ‘n rukkie en al my aandag op die kuiergas fokus. Ja, ek hou van hierdie idee. So wie wil na die Bundu Rehab toe kom?rond ry 4

Die Wit Hasie

 

 

Advertisements

One response to “Vettie Rehab?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s