Ek verstaan nie: ‘n Gesanik deur die Haas

Sondag is nie movie aand vir my nie. Dis “documentary night” en die week sin gaan oor ‘n ding wat my kop baie plat maak, Transgender. Ons almal weet nou al wat dit is. Jy word met ‘n piepie gebore maar voel jy moet eintlik ‘n vytjie gekry het….of so iets. Wat my regtig baie erg pla oor hierdie storie is dat ouers hulle kinders van 8 jaar oud toelaat om so te wees. Ja, jy lees reg…ek het die woord toelaat gebruik want op daardie ouderdom is jou wil nog jou kind se wil. Jou kind is nie oud genoeg om te verstaan hoe werk dinge daar buite nie en verseker nie hoe werk dinge “daar onder” nie. Dis jou werk om jou kind te lei en te help.

“Maar ek wil nie die broek dra nie. Ek wil die rok dra met lipstick soos mamma. Ek IS ‘n dogtertjie.”

“Seun, onse Liewe Heer maak nie sulke groot foute nie. As hy wou gehad het jy moes ‘n dogtertjie wees dan was jy een. Seuntjies dra nie rokke en lipstick nie. Dis nou maar ‘n feit.” en dan vat jy hom na iemand toe wat nie een of ander weirdo hippy is nie om julle met die fase te help deal.

Vir my is hiedie transgender ding abnormaal en dis iets wat ek glad nie kan verstaan nie. Kyk, om gay te wees verstaan ek. Jy kan nie help wat jou bells en whistles laat afgaan nie. Ek ken ‘n ou wat net vet meisies date. Hy het al die beste, mooiste en oulikste girls gehad maar hulle doen niks vir hom want hulle is “te maer”.

“The heart wants what the loin wants.” was sy antwoord en vir my het ‘n liggie aangegaan en ek het verstaan.

Maar om jou geslag te verander verstaan ek glad nie. Dis soos om te sê jy wil nie meer wit wees nie maar eerder swart. En wat my regte baie pla is ouers wat hulle klein kindertjies toe laat om nou so te wees en van Sam na Franny te gaan. Wat van as daardie kind nou ouer is en dis net ‘n fases gewees? Dan is hy nou klaar as ‘n sy groot gemaak en daar is no going back. Dan moet hy nou weer in ‘n sy lewe en dit voel nie reg en blah blah blah. Ek is ‘n baie oopkop mens en omdat ek nuuskierig is gaan lees ek op oor goed wat ek nie verstaan. Nou ek volg die ding al van Bruce nie meer Bruce wou wees nie en ek volg blogs van transgender mense en ek lees wat kopdokters skryf EN steeds verstaan ek nie. Dis vir my net ‘n ander vorm van cosmetic surgery soos wanneer jy nie van jou “joodse” neus hou of jou taataas nie soos ‘n pornstar sin lyk nie.

Dis seker omdat ek dalk bietjie meer as ander van my lyf hou, vetrolle en al. Jy sien, ek het ‘n geboorte merk op my maag. ‘n Pikswart een. Ek spot altyd en reken ek is darem 1% BEE. Ek is al baie gespot oor dit want die merk is drie vingers groot en kan nie misgekyk word nie. Soos een ou(like) persoon gereken het “Het jou ma jou met kak gegooi?” Nee, dis waar die engeltjie my gesoen het toe ek vir my ma-hulle gestuur is(my ouers het dit vir my vertel toe ek klein was en dit het gestick). Dit lyk soos iemand se donkert lipstick wat op my maag sit. Vir baie jare wou ek die ding laat uitsny sodat ek ook bikinis kon dra, sodat ek nie anders is nie en baie laat in my skool jare het my ma my toe gevat. Die dokter het ‘n “lazer” gehad en het ‘n klein stukkie van die geboorte merk laat brand soos wanneer jy ‘n tattoo laat verwyder. Dit het die ding nie weg gevat nie maar net ligter gemaak. Gelukkig het my ma my nie terug gevat nie want daarna was ek baie spyt, my soentjie was nie meer heel nie. Tot vandag is dit iets waaroor ek vrek spyt is.

My taataas hang, die pens hang en die gesiggie is nie meer “fresh” nie maar ek sal nie aan my laat sny nie. Dis my lyf, dis hoe sy lyk, dis hoe ouderdom en slegte besluite lyk en dis hoe ek gemaak is deur iemand hoër op as my ouers. Miskien kan ek nie transgender verstaan nie want ek is gemaklik in my eie vel en die tyd toe ek nie van my eie vel gehou het nie, was ‘n tienerfase waar my ouers die wa(vol hormone en moodswings) deur die drif getrek het. Al wat my worry is dat my “engel soentjie” kan eendag om draai en velkanker word. My kans is blykbaar twee keer so hoog soos ander mense sin en dus tan ek net in die maan. But still, ek sal nie iets aan myself verander nie want ek is ek en ek is uniek. Wat van as jy kom spyt kry oor jy ‘n vrou was en nou ‘n man geword het en almal moes dit nou aanvaar en jy is deel van die LGBT gemeenskap en en en…hoe gaan jy dan terug? Jy kan nie. So ek dink net ouers moet bietjie bal hang as dit kom by boetie wat ‘n sussie wil wees,ten minste tot na hulle 21 geword het want dis eers dan wat mens soortvan ‘n brein begin vorm.

En natuurlik sê ek nie jy moet snaaks wees met mense wat trans is nie. Ons het nie die reg om ongeskik te wees met iemand wat ons nie ken. Ek gaan jou vermy omdat jy ‘n asshole is (want ek het jou leer ken) en nie oor wie jy date of wat onder jou klere aangaan nie. But still, ek verstaan nie so hopenlik sal ek ‘n ah-ha oomblik kry as ek die doccie Sondag kyk.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s