Die geheim moet uit

Ek kan dit nou nie meer vir myself jok nie en ek kan nie langer aan hierdie geheim dra nie. Ek verneuk my man. Byna elke dag. Met meer as een man…en ‘n paar vrouens. Dit gebeur veral laat in die aand, as hy gaan slaap het en die huis stil is. Dan druk ek net ‘n knoppie, my hart bokspring en ons is bymekaar. Ek dink dit is tyd om hierdie mans en vrouens uit die donkerte van my geheime lewe te bring en oop en eerlik hieroor te praat.

charlie-hunnam-charlie-hunnam-35505332-300-200

Charlie Hunnam: Ons love affair het begin met Green Street Hooligans en toe vind ons mekaar weer in Sons of Anarchy. Daar is geen manier wat ek oor SOA kan praat nie want ek raak kort van asem en duislig. Pacific Rim is die beste movie ooit. Ek het uitgenerd oor die plot en toe verloor ek my kop toe my boyfriend daarin speel. Suuuuug…My ou Charlie

taylor-kinney-main.jpg

Taylor Kinney: Die beste brandweer man ooit. Chicago Fire is vir my ‘n so-so show. Ek kyk eintlik net sodat ek my kan verbeel hoe hy my in sy sterk arms dra. Ek sal my eie huis aan die brand steek sodat hy die vuur kan kom blus.

Clayne crawford.jpg

Clayne Crawford: Nie net speel hy in een van die coolste series ooit naamlik Lethal Weapon maar hy het ‘n stem wat my in baie moeilikheid in kan lei. Selfs met die hare wat kort-kort in sy hartseer oogies is, wil ek hom net drukkie. En dan soen en…wel die res is tussen ons twee.

Tom-Hardy.jpg

Tom Hardy: Ek kan nie veel onthou van Mad Max: Fury Road nie. Ek weet daar was kick-ass musiek en die man se stem. O en sy lippe. Ek is nie seker of ek hom wil soen of vir hom ‘n stoute boek gee om vir my te lees.

My twee manne van The Walking Dead. Jeffrey Dean Morgan en Norman Reedus. Die een is die bad ou en die ander een die hero. Weereens, die stemme. Mr. Morgan se glimlag en Mr Reedus se intens kyk…sjoe, ek vergeet soms die storie gaan oor zombies.

travis-fimmel-wallpaper-3.jpg.png

Travis Fimmel: Ons almal se gunsteling Viking. Hy het so stoute glimlag wat enige saint in ‘n sinner sal verander. Nou dat hy nie meer te sien is in die show nie…mis ek dit nogal gereeld. Skande, want ware fans kyk vir die storie nie vir die sexy beast wat daarin speel nie.

Animal Kingdom.jpg

Kies een. Ek kon nie. Ek het die show gekyk net vir die mooie manne en natuurlik daardie bad ass tannie. Die tannie gaan nie oor hoe sy lyk maar dat sy groot mans laat bewe. ‘n Magtige vrou is vir my baie meer sexy as ‘n vrou met ‘n stunning lyf. MaatjieMa se Judge Judy sindroom. Anyway, hulle het baie sonder hemde rondgeloop en ek het nooit gekla.

My Viking Queen Katheryn Winnick en die leier van SVU Mariska Hargitay. Twee sterk vrouens. Katey Sagal wat in SOA gespeel het kan jy ook add. Sy was bad ass in daardie series asook Maggie Siff wat Jax se vrou gespeel het. Ruth Wilson speel in The Affair en ek verstaan hoekom ‘n man sy vrou sal los vir haar.  Tea Leoni, my Madam Secretary. Nuff said.

En laaste is my Outlander couple. Nie net is hierdie twee stunning nie maar hulle verhouding op Outlander maak dat ek net liewer vir my man is. Ek dink hierdie is geval van I don’t want to be WITH you, I want be LIKE you….ag vir wie jok ek, ‘n skot en ‘n ginger, I’m in love.

Nou ja, ek wet jou jy het gedink vandag lees jy iets shocking en dat hierdie een sappige blog post gaan wees. Nee, hierdie is my TV boyfriends en girlfriends en ons affair is nog lank nie verby nie. As Manlief TV kyk en ek is besig in die kombuis sal hy roep “Liefie, liefie…jou boyfriend is op.” en dan lag as ek nuuskierig kom loer. En net so lojaal as wat ek teenoor my man is, is ek teenoor hierdie  klomp want ons “date” al jare en ek laat nie nuwe gesiggies my verlei nie.

Ek hoop vandag se ligter, tong in die kies blog het julle laat glimlag. Geniet ‘n lui Sondag. Ek, Clay en Tea het ‘n date op Catch Up as julle my sal verskoon.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Die geheim moet uit

  1. Jeffrey Dean Morgan….dis al wat ek kan uiter. Hy doen alles vir my as ouer vrou. Alles. En ek is ook heeltemal mal oor die twee van Outlander. Geniet jou ‘flings’, jy is so heeltemal normaal.☺

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s