Mal soos ‘n Haas

Gister was so nie my dag nie. Dis asof ‘n sak klippe op my uit gegooi is en die damwal om my hart weer kom oop breek het. Gister het ek baie gehuil. My ouma se vriendin is Sondag oorlede, Joost my ouma se blou oog seuntjie is gister oorlede en dis finaal dat hulle huis verkoop gaan word. No turning back. Dit was vir my so asof die laaste stukkies van hulle “era” nou verdwyn soos wanneer poele water stadig in die grond weg sak na baie reën. Jy besef nie dis weg tot jy net die modderkol sien oor bly nie.

Ek onthou nou toe Joost bloed jonk in ‘n blou trui met ‘n wit kraag oor die rugbyveld gesnol het. Oupa en Ouma uit hulle stoele aan die skree, ouma se bier en oupa se gin en tonic wat amper in die slag bly met die gerond spring en ouma wat uitgelate skree

“Mooi so Joosie, my blou oog ou seuntjie!”

Dis seker hoekom Joost se skandes niks vir my verander het nie. Hy was immers “familie” (ok, nou nie regtig nie ingeval iemand nie verstaan wat ek bedoel) en ons vergewe mekaar alles. Is mos. Ek kyk nie meer rugby nie. Dis net nie dieselfde nie (laat ek nou nie begin met alles wat nog fout is met die klomp pienk sissy nie) Ek kyk sokker as Liverpool speel, dis ander oupa se sport. Hy het vir ‘n klub gespeel in sy jonger dae en was so goed dat daar ‘n stats kaartjie van hom in die lucky packeds was. Of so iets want ek was klein toe ek die storie gehoor het. Anyway, toe huil ek ook sommer omdat ek die ander ouma en oupa nie genoeg sien nie. En toe huil ek sommer net omdat ek nou maar klaar aan die gang is. Dit was maar net ‘n kak dag.

Tyd gaan so vinnig dat almal om jou vergeet dat jy seer gekry het en dat jou wond nie so vinnig soos ander sin gesond word nie. Veral omdat dit nou ‘n oupa en ouma was, nie ‘n ma en pa nie. Jong, is daar regtig ‘n verskil? Die een stel is net ouer as die ander is dit nie? Dis seker maar omdat die oumas en oupas my pynlike social awkwardness verstaan en verstaan hoe ongemaklik nuwe dinge my maak en verstaan ek groet iemand nie want ek is skaam en dat dit fisies seer is as ek “oor” my skaam moet kom. Manlief en die ouers weet ek kan beter doen en druk my om uit my dop te kom. Veral Manlief en hy bedoel dit goed met baie liefde maar ons het al vreeslik baklei omdat ek in shut down mode in gaan as ek te ongemaklik raak en sommer histeries sal raak en begin huil. Die oumense het nie gekarring met daai kak nie, hulle het verstaan die skroef en moer en boud en hele tool box is los en dit so aanvaar. Seker hoekom ek altyd so lief was vir my neefie wat so hakkel want dit het gevoel ek is nie al een in die familie wat so bietjie sukkel met die wêreld.

Nou ja, toe skryf ek maar ‘n storie coz that’s just how I roll.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Mal soos ‘n Haas

  1. Ek kry dit glad nie? Ek moet sê ek sukkel nogsteeds om almal se goed op die reader te kry. Allerhande vreemde mense se goed. Ek gaan maar in op ander se goed sodra ek ‘n like of ‘n reply kry op v my goed. Ek dink ek mis baie mooi blogs oor dit.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s