Ag wel…

Jy weet dinge is nou besig om side ways te gaan as jy jouself vang, voor ses die oggend, sit en google “how to grow moss” en saggies wens jy was net ‘n klein bietjie maller sodat jy darem iets het om oor te skryf. Ek het my stem verloor. Nee, nie die een wat mense hoor nie maar die een wat mense lees. Vir dae nou al sit ek en staar na die wit skerm met daardie klein streepie bo in die hoek wat flikker en my laat dink aan ‘n sekondewyser op ‘n horlosie. Tik-tik-tik die dag weg en ek het niks om te wys daarvoor. Dis nie dat ek writers block het nie, inteendeel, ek is vol idees vir nuwe stories. Wat ek beleef is die I-don’t-give-a-fuck-its. Ek lees oor ‘n vrou wat uit duisende rande gescam is deur haar facebook boyfriend en al wat ek wil doen is om op haar post te skryf…Jy’s ‘n massive twit en verdien dit. Dis so lelik maar ek is moeg om te maak asof ek vir mense omgee wat stupid is, wat simpatie soek as dit net jou eie skuld is.

8ebppc

“Ag ek het soveel werk en kom by niks uit en manlief help met niks en soms voel ek nie lekker nie” blah blah blah blah….jy kla net want jy weet wat die oplossing is maar dis mos mode om deesdae vrek besig te wees en dan te bitch daaroor. I don’t care, ek wil nie na dit luister of jou help beter voel. Of die knaap wat se vrou rondloop maar hy wil haar soooooo graag terug wen. Nope, I don’t care. Not my circus, not my monkeys. My IDGAFuckits gaan nou al so ver dat ek Manlief een kans gee om te besluit wat hy wil eet vanaand en “enige iets” is nie deel van die menu nie. Indien hy nie vir my ‘n antwoord kan gee nie, gaan sit ek rustig en kyk TV en jy kan vir jouself kos maak. Dis glad nie hoe ek is nie. Ek hou daarvan om ‘n fuss te maak oor my man maar die fuckits laat dit nie toe nie.

Die weird ding is, ek is nou so kalm dat dagga my sal rol en zol. Vir die eerste keer in amper ‘n jaar is die bloeddruk normaal en die skouerspiere nie tot onder my ore opgetense. Ek het die ander dag vir Manlief gelag (nar wat hy is sal altyd my laat lag) en daar het ‘n lag uitgekom wat ek nie ken nie, ek het so bietjie geskrik. Dit was ‘n warm, opregte, diep uit die siel lag gewees en toe lag ek omdat ek lekker lag. Nou wonder ek…is fukits of couldn’t care less regtig ‘n slegte sindroom om te hê?

5d60a8ee8a4a3c105663603fbab40689

Ek dink ek gaan vir die res van die naweek werk daaraan om my super powers te verbeter en chocolate te eet.

Die Wit Hasie

PS Dit het my langer gevat om ‘n titel vir hierdie post uit te dink as om die post te skryf…dalk is fuckits nie noodwendig so awesome nie.

Advertisements

3 responses to “Ag wel…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s