Net nog ‘n bietjie langer

bunch-lavender-1680x1050.jpgAs jy wil leer wat geduld is, probeer lavender groei. Dit vat 21 tot 90 dae vir die saad om te ontkiem. Ek weet dit van 3 maande maar steeds gaan kyk ek elke dag of daar nie iets kop (of is dit blaar) uitsteek nie. Die dill, koriander en rooi basil groei asof hulle ‘n resies het om te wen. Hulle is net geplant omdat die saad begin oud word en nie omdat ek hulle wil gebruik nie en kyk nou, al klaar ‘n duim hoog. Verdomp. O en dan na 3 maande gaan dit nog ‘n jaar wees voor hulle mooi vet bosse gemaak het, blom en gepluk kan word om dan te droog wat dan nog ‘n maand vat. Eers dan kan ek die olie, badsout en seep van die lavender maak.

Nou ja, so stap ek dan elke dag af na die tuin en kyk of daar nie dalk ‘n early bloomer is nie. Ek wil net weet of die saad nog lewe en gaan ontkiem magtig. Vir een of ander rede het dit my aan geloof laat dink. Aan oom Angus met sy aartappels wat ek nou eers verstaan. Jy kan nie sien wat gaan blom in jou lewe of watter van die saad(drome) wat jy geplant het gaan opkom nie, al wat jy weet is dat een van die dae gaan iets gebeur en dan moet jy nog ‘n jaar wag voor jy iets kan doen met dit wat opgekom het. Intussen is daar goggas en weer en die moontlikheid dat die saad dood is en jy moet net bly hoop alles gaan uitwerk. Geloof.

So as jy ‘n droom het wat nog nie blom, maak nie saak hoe jy hom troetel, dink aan lavender. Moenie opgee nie, hou nog drie maande aan en dan nog ‘n jaar en voor jy heeltemal hoop verloor hou nog ‘n maand aan.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Net nog ‘n bietjie langer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s