My high horse staan op stal

download (3).jpg

Verstaan jy naaste liefde of is jy net verdraagsaam? Dis iets wat ek die laaste ruk baie oor dink. Ek lees blog op blog en facebook inskrywings van kastige goeie gelowige mense wat reken “doen wat jy wil doen maar los my uit want jy gaan hel toe.” Regtig? Hier is die sad news folks, julle kom saam hel toe want julle oordeel. Sien, in die Christen geloof is daar nie een sonde wat die ander een beat nie. Almal is dieselfde. So jy wat so lekker sit en giggle omdat jou gay buurman in die ewige vuur gaan sit, gaan saam hom daar sit want jy het net vanoggend gesit en skinder saam jou bestie oor Rika se stoute kinders en hoe sy duidelik pille pop om te cope. Welkom by die warm party.

Waar is die liefde heen? Weet jy wat piss my meer af as iemand wat gay is, wat rond hoer of ander gelowe volg? EGO. En jy het daardie ego omdat jy kastig so moerse goeie christen is. Dis mense soos dit, wat ‘n geloof van liefde in ‘n geloof van oordeel verander het. Ek gee nie regtig om wat ander mense doen nie, solank jy niemand seermaak nie is ons cool. Saam wie jy slaap of vir wie jy bid pla my glad nie. Die kans dat ons oor dit gaan praat is regtig nul tot f@#all. Waarheen jy gaan as jy doodgaan maak ook glad nie aan my saak nie. As jy ‘n goeie mens is, wat eerlik is en hard werk en wat ander voor jouself sit dan welkom aan my tafel. Hier is vir jou kos, iets om te drink en jy is welkom om terug te kom. Daar is ongelukkig nie plek vir mense wat dink hulle kak stink nie. Daar is nie plek vir selfie-monsters, “ek weet alles want ek het kinders” mammas of my opinie tel bo joune tipes nie. Ek het nie tyd vir mense wat reken omdat hulle Sondag in die kerk was en ek nie, is hulle somehow beter as ek. Soos ek sê, ons gaan mekaar saam by die warm party sien dan.

images12

Wat jy doen, bepaal nie waarheen ek gaan as ek geplant word nie. Hoe ek ander behandel gaan verseker dit bepaal. Ek doen anyway nie goeie dinge omdat ek ‘n prys aan die einde wil kry nie, as dit is hoekom jy kerk toe gaan dan stop dit sommer nou. As jy alles doen omdat JY hemel toe wil gaan dan doen jy jou goeie dade uit selfsug. Weet jy hoekom doen ek goeie dinge, want ek is dankbaar ek is ‘n asem gegee en ek wil elke dag wys hoe dankbaar ek is. Dink net hoe anders sou die wêreld gelyk het as almal eerlik was, hard gewerk het en daar nie selfsug was nie. En as ons regtig net vir mekaar omgee, sommer maar net.

Hoogmoed, ego en selfsug…soos ek sê wat ander doen bepaal nie waarheen jy gaan nie, hoe jy ander hanteer doen en “fake” geselsies en “vriendelik” wees tel nie hoor.59e71f918bb65f922a5293db81a502ed

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “My high horse staan op stal

  1. ‘n les wat ek oor en oor en weer ‘n keer in my lewe moes leer is hoe meer tyd ek met die Here deurbring hoe sagter raak my hart vir my medemens. En hoe meer ek op my eie probeer aankarring hoe moeriger maak die mensdom my. Eintlik is elkeen van ons so kosbaar vir Hom. Ek moet eintlik probeer om elke padvark ens deur Sy oe te sien. Dankie dat jy my weer bietjie herinner.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s