Kan ‘n haas yoga?

Free-printable-showing-yoga-poses-for-beginning-yogi-.jpgNee. Nee ‘n haas kan nie yoga nie. Dit was ‘n fout, ‘n groot fout. So laat ek julle vertel hoe hierdie storie gebeur het. Soos ek al vertel het, hierdie spierwit (want ek tan in die maan) haas het saam Manlief begin dieet. Ek is van 82 af na 79. Dis nou nie baie nie en op my 1.62m lyfie, lyk daardie 79 nog moer baie. Apps is gedownload om te help met alles van water drink tot oefen. Almal van hulle vertel my ek is obese. OBESE? EK? Honey Boo Boo se ma is obese man, ek lyk nie vir ‘n @#$ so nie! Elke dag word daar geoefen, minder as 1200 cals ingeneem en niks van verneuk nie. Ek suffer. Ek is honger, ek smag na suiker en ek is kort van draad maar aanhouers wen. Toe lees ek van hoe yoga kan help met die seer spiere van al die oefen en die pyn van die detox en met die slaap (want ek doen dit of te min of te veel) en ‘n app word toe gesoek vir dit.

Manlief speel op die foon Counter Strike en ek weet hy gaan lank besig wees so ek kan die kans vat en hierdie yoga ding gaan probeer. Dit gaan maklik wees. Ek was ‘n gimnas in my jong dae en om die lyf op snaakse maniere te buig is niks nuut nie. Inteendeel, ek geniet dit om te rek en strek. Die matjie word uitgerol, die regte klere word aan getrek, die app is oop en sagte musiek speel in die agtergrond. Klassieke musiek nogal want vir een of ander rede het ek die laaste ruk ‘n groot liefde vir dit. Ek kyk na die eerste pose wat ek moet doen, die tannie wat my vertel daarvan is so maer dat ek haar skaars gesien kry so lyk my yoga help vir gewig ook. Eers word ek geleer hoe om asem te haal. Hier begin ek al twyfel oor yoga want ek haal al asem vandat oom Dokter my uit moeder gehaal het, I think I got this.

Die tannie noem elke pose se naam maar hiedie Afrikaans tong kry nie om daardie vreeslike woorde gevou nie. Regter voet teen linker knieg en staan soos ‘n flamink. Maklik genoeg…ek val drie keer om, die balans is nie meer wat dit was nie. Nou moet ek my kop teen my kniee sit, maklik want ek was mos ‘n gimnas. Sy reken ek moet “swan dive down” onder my hart. ????? Reg, ek kyk net wat doen sy en doen dit. Met die afsak hoor ek my lyf knak en kraak soos nat hout op ‘n vuur. Niks voel seer so kom ons gaan aan. My kop kom nie naby my kniee want my maag is te groot en druk my longe agter my rug deur my ribbe kas. Ek gaan versmoor man en dit oor yoga. Nou moet ek oor gaan na plank. Ek blaas en kreun so dat Jess kom kyk wat gaan aan. Dinge begin nou vinnig beweeg, die tannie verstaan nie hoeveel van ‘n beginner ek is nie. Met die downward facing dog raak ek so duislig dat ek moet plat op my maag rus, wat okay is want nou doen ons die cobra. Jy moet jou bo lyf optel van die grond af…ek gaan nie veel vertel van wat hier gebeur het nie maar die kat was gewalg en het my sulke vieslike kyke gegee terwyl hy uitstap. Ek kon die “sies” in sy oogies sien.

Jess dink sy moet saam oefen en kom rol ook op die mat rond saam my. Ek is nou al rooi in die gesig en blaas soos ‘n band met ‘n gat in (miskien is ek obese) Ek val gereeld om, my een been hak vas met ‘n pose en ek rol soos ‘n varkie in modder rond om die been weer reg te kry. Iewers eindig ons waar jy op jou sit soos ‘n Muslim wat bid en hier vat ek die kans om te huil want oefen is sommer kak en vet wees suck en my lyf maak geluide wat die kat kwaad maak en van hier kan ek nie opstaan want my bene hak alweer vas en ek word 31 en dis nie meer 20 en en en en en….Die tannie reken Namaste. Man, Na-jou-ma-se-sty hoor!! Ek weet nie wie reken yoga moet jou laat onstpan nie want ek stap uit daardie kamer die moer in. Jess is baie happy, yoga het vir haar gewerk want sy hol die gang op en af. Ek sak op die bank neer, nat gesweet, rooi en my asem is weg. Manlief vra wat het ek gedoen…

“Ek het yoga probeer maar ek dink ek het geeste opgeroep.” mompel ek. Hy gee my net daardie “okay ek sal nie vra want ek weet jy’s mal” kyk. Van nou af, die enigste yoga wat ek van wil weet is frozen yoga(rt).

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Kan ‘n haas yoga?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s