It’s my party en ek sal tjank as ek lus het

“Dit was net ‘n grappie, moenie so fyngevoelig wees nie”

“Ag dis regtig nie so erg nie, moenie so jammer vir jouself wees nie.”

Kyk, as jy vir my spierwit warm bef@# wil kry dan moet jou nou vir iemand kom vertel hoe hulle moet voel oor iets. Of dit vir my is en of dit vir iemand is waar ek dit kan hoor…die kans is goed jy gaan ‘n woeper klap van my af kry. Dit is die hooste vorm van ego en selfsug  wat jy kan kry. Wie is JY om vir iemand te vertel hoe hulle iets moet opvat of voel oor iets? As jy ‘n grappie maak met iemand en dit maak hulle gevoelens seer het jy GEEN reg om dan kwaad te word vir hulle nie. Wees eeder ‘n flippen ordentlike grootmens en vra onverskoning met geen “maar” in nie.

Bv “Ek het net ‘n grappie gemaak oor jou hare wat so snaaks staan maar jy vat ook alles altyd so ernstig op.” Nope, probeer weer. Kry bietjie nederigheid en empatie in daardie jammer is.

“Ag jis, skies man. Ek het net jou siel bietjie uitgetrek, ek het regtig nie bedoel om jou gevoelens seer te maak nie. Groot askies ne.”

Of wat van as jou vriendin se ou haar los. Hy was ‘n asshole wat haar slegter as die hond behandel het en almal is so bly hy is weg dat julle amper ‘n party gehou het maar vriendin is stukkend. Haar hart is in ‘n duisend stukkies en op jou manier probeer jy troos.

“Moenie huil nie, hy verdien nie jou trane nie.” Daai kak het my altyd laat voel ek is ‘n swakkeling omdat ek huil, dis nie asof die asshole my hele lewe oorgeneem het nie maar nou is hy verantwoordelik vir my trane ook so asof ek nie ‘n brein het om te kan besluit oor wat huil ek nie. Dit was nie oor hom, dit was oor agt jaar wat in sy moer in was. Mense was kwaad vir my omdat ek so verlore en stukkend was en dit het gemaak dat ek myself net afsonder. Of soos my toe my oupa dood is en die een aap reken “dis darem jou oupa en nie jou pa.” so asof oor oupas en oumas jy minder moet huil as oor mas en pas.

Mense moet regtig meer begin dink voor hulle praat. Jy bedoel iets dalk nie katterig nie maar as ek dit so opvat dan kan jy verduidelik jy bedoel dit nie so SONDER om jouself te probeer verdedig en my gevoelens te probeer afmaak as “jy oor reageer”. Soms raak mense kwaad oor niks of seergemaak deur stront maar jy mag nie vir hulle besluit hoe hulle moet reageer en voel nie. As iemand reken jy was nou kak met hulle en jy het dit regtig nie so bedoel, dan vra groot sorry en moenie op jou perdjie spring nie. Dis nie hulle skuld hulle voel so nie en dis ook nie joune dat hulle seer gekry het nie. Al wat mens soms nodig het is om te hoor dat iemand omgee oor hoe jy voel en dat hoe jy voel nie sommer kinder kakkies is nie. Dit kos jou nie ‘n sent of ‘n stukkie van jou menslikheid om vir iemand omverskoning te vra as hulle jou grappie hart toe gevat het of as iets wat jy kwyt geraak het op ‘n senuwee geval het. Steek eerder jou trots in jou sak. Ek reken nie dat almal hierdie tipe medemens liefde verdien nie want sommige mense is net bad shit crazy aandag hoere maar jy weet mos wie is wie.

En as jou vrou in trane is omdat sy geskrik het beter jy net troos en nie kwaad raak en reken sy sit aan nie. Niemand word toegelaat om vir ander te vertel hoe hulle moet VOEL nie. The end. Punt. ’nuff said.

Advertisements

One response to “It’s my party en ek sal tjank as ek lus het

  1. Ek stem volkome saam met jou, en is só bly om te kan sê dat ek ‘n vriendin het wat nes jy oor eie saak voel. Toe ek haar nodig gehad het en dinge tussen my en manlief baie sleg gegaan het, het sy nét geluister. Ja – sy het ook raad gegee en getroos as dit nodig was, maar dis die luister waarvoor ek haar waardeer. Die niks sê, al weet ek sy brand om te sê hy us ‘n ass en al daai dinge. Ek probeer so hard om soos sy te wees in daai opsig, maar jitte… dis nie altyd maklik (of vir my moontlik) nie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s