Wat het geword van “ladies”?

rc86i.jpg

Word ek nou oud of wat gaan aan met die meisies van vandag? Dis asof die een meer kras as die ander een probeer wees. I get it, ons is nie meer 50’s house wives nie maar alle hel ek gril vir julle hoor. Sit soos mans, drink soos mans en maak vieslike grappe soos mans. JIG!  Kyk, ek dink nie ‘n vrou moet ‘n koek wees nie. Dis my lyf en ek sal met haar maak wat ek wil saam wie ek wil en hoeveel van hulle soos ek wil. Niemand moet skaam wees oor seks nie maar daar is ‘n ou song (nogal Usher as ek reg onthou) waar een sin van die gerap altyd by my bly:

“…a lady in the street but a freak in the bed.”

Ek weet nie hoeveel van julle ken Girls nie. Lena Dunham speel daarin en ek dink skryf ook dit. Almal rant en rave oor die show en hoe dit deur oop geskop het oor vrouens se rolle blah blah blah…Ek het skaars 15 min gekyk gekry. Behalwe dat ek in daardie 15 min meer bush gesien het as ‘n lesbian (en pap hang pramme ook) het ek gegril vir hoe vieslik daardie vroumense is. Van hoe hulle praat tot hoe hulle loop en sit…ek wou sommer gaan bad na die hele storie. Moenie dink ek vloek nie want ek kan woorde laat spat wat hare sal laat uitval en as ek by die huis wil gemaklik sit dan lyk dit soms of ek yoga probeer doen, dan wil ek jou nie eers vertel van watse goed ek en die vriendinne als kan praat nie. Oe-la-la! MAAR vra my man oor enige van hierdie dinge en hy sal frons. In die byna 4 jaar wat ons saam is kan ek die windtjies wat geslip het op een hand tel. Het ek my al swak gedra na te veel wyn? Verseker! Daar is goed wat ek gedoen het wat groot mans sal laat bloos (ek kan nogal lekker hippy free spirit as ek die dag wil) maar dit was jonk, dronk en dom tye en toe word ek groot. Nou lyk dit my word niemand meer groot nie. Amy Schumer wen al wat ‘n award is, verskyn of elke voorblad en haar shows is vol.

Dan kyk jy een van haar shows en sy spandeer ‘n groot gedeelte van die tyd besig om grappies oor haar “vags” te maak. DIT is nou wat staan as voorbeeld vir meisies en nie te praat oor daardie Kardashian kak nie waar die jongste sussie se nuwe mode gier is om haar bra te wys. Gigi Haddid besoek fashion week met ‘n sien-jou-nipples rok en mense noem dit “cutting edge” en “trendy”. Ek wil nie teen my eie geslag praat nie maar feminisme ruk nou hand uit. Hierdie is NIE voorbeelde van bevryde vroue, sterk vroue of suksevolle vroue nie. Gaan klop bietjie aan by mense soos Meryl Streep, Princess Diana of Malala Yousafzai.Vrouens wat sterk is, ‘n verskil maak en regte dames is. Om kras te wees en aan te trek asof jy geld probeer verdien met jou lyf stuur net een boodskap

EK het nie respek vir myself so JY hoef nie respek vir my te toon nie.

Then again, ek is op ‘n dieet tans so ek is dalk net moerig. Dalk het dit iets te doen daarmee dat ek met ‘n alpha male en alpha female as ouers groot geword het en gesien het dat ek ‘n sterk vrou kan wees sonder om met my man se knolle as ‘n hangertjie rond te loop. Dalk kom dit daarvan dat altwee my oumas altyd netjies aan getrek was, vuilgrappies saggies met ‘n hand oor die mond sou maak en altyd ‘n air of mystique gehad het. Dis wat dit is, feminine mystique. Hier praat ek nie van die boek nie maar meisies van vandag behoor dit te gaan lees want daardie tannies het gepraat van jou eie mens wees, om geleerd te wees en om “meaningful work” te doen. Wat doen Gigi, Kendall, Amy en Lena wat so meanigful is?  Dis wat verlore raak met hierdie vrouens wat dink hulle is vegters vir vroue regte. Ek is nie ‘n english lady nie want ek lag en praat hopeloos te hard en ek praat soms sonder om dit te filter maar ek is ‘n dame wat niemand wil laat skaam kry vir my nie. Ek skaam my vir die vroumense van vandag en ek dink nie dis wat die brabrand tannies in gedagte gehad het nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Wat het geword van “ladies”?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s