D.I.Y murder scene

In Desember het ek die gier gekry om my hare rooi te maak. Eintlik wou ek dit pers kleur maar ek het gedink “baby steps my dear”. Laat ek net die een weird kleur gewoont raak voor ek heeltemal funky punk gaan. Gister gaan ons inkopies doen en dis tyd dat die hare weer gekleur word. Hier is nie iemand in Zim wat ek ken om my hare te doen nie en ek besluit om vir die eerste keer in my lewe dit self te doen. Rooi en blond is ook nie vol op beskikbaar nie (nie genoeg aanvraag nie? I don’t know) en die naaste wat ek kan kry is een of ander donker pers kleur. Nou as dit nie ‘n teken is nie, dan weet ek nie.

Vandag staan ek vroeg op om Manlief so gou moontlik uit die huis te kry sodat ek my hare kan doen. Ek is bang om dit te doen met hom in die huis want ek is amper seker hy gaan vir my lag. Die kleursel is gemeng, die handskoene is aan en die instruksies is deeglik op geswot…mense, wat ‘n gemors. Ek is normaal weg baie netjies op myself en jy sal nie sommer ‘n kol op my kry nie maar vandag is nie daardie dag nie. My arems is besmeer tot by die elmboog, ek het GEEN idee hoe dit gebeur het nie. Daar is ‘n streep op my wang en een onder my neus (het ek in my neus probeer grou terwyl ek hare kleur?) En omdat ek nie agter my kan sien, kan ek net raai dat my nek ook nou pers is. Die badkamer lyk asof daar ‘n moord gepleeg is. Die wasbak het smeer merke in diep rooi en so ook die asblik. Ek het in die stort gespring om die kleursel af te was en uit gewoonte my kop geskud, Dexter sal hom bekak want dis blood spatter orals. Die kleursel lyk gun niks pers as dit nie op jou hare is nie hoor. Toe ek uit klim en die water van my lyf af loop, maak dit ‘n creepy rooi poel om my voete. Iets is fout met my want ek het nogal gelike van my “kuns” in die badkamer. So reg uit ‘n horror movie.

Die eerste ding wat Manlief sê toe hy my sien is “Oe dit lyk nice. Ek like dit.” en ek dink toe skielik ek is die kat se snorre. Die hare het toe mooi uitgekom en ek voel baie sexy met hierdie funky kleur maar my badkamer gaan nie weer dieselfde wees nie en Manlief is in vir een moerse surprise as hy vanaand in die stort klim en daardie gordyn toe trek.

Die (nie meer so)Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “D.I.Y murder scene

  1. Lag ek nou alte lekker. Jy het baie moed suster, weet nie of ek daai sou waag nie. Moet byvoeg ek is ook op die oomblik bietjie pers (pers-grys) op die kop. Dis n eerste vir my en voel nogal goed. (Maar my vriendin – haarkapster, het dit gedoen)
    Soms moet ons bold wees😂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s