So hoe was jou naweek?

Ek wens ek kon julle vertel dat ek iets produktief gedoen het soos aan my boek gewerk het of dalk in die tuin of ons het iets “outdoorsy” gaan doen maar nee. Jy lees die blog van ‘n nerd so ontspan. Ek het die naweek op die Sims 3 Store afgekom. Daar kan jy nuwe klere, nuwe goedjies vir die huis, goed vir jou diere en “worlds” (dis ‘n buurt) koop. So amper het ek van my stoel af geval. Ek speel sims al van dit die heel eerste keer uitgekom het in 2000 en in 2009 het ek Sims 3 gekoop. Toe ek en die ex destyds uit is, hart stukkend, bank rekening leeg en nie veel goed om te wys vir 8 jaar nie (he got the house, she got the dogs) was dit Sims wat my deur daardie tyd gedra het. Daar was nie geld vir DSTV nie, hel daar was nie eers geld vir SABC nie maar ek het ‘n pc gehad en my games. Ek sal eerder by die huis bly en sims as om saam vriende te gaan kuier. Hardcore anti-social nerd. Mense wat my net klein bietjie ken sal eerste vir jou vertel van my sims addiction. Sims 4 suck by the way en ek haat EA vir wat hulle aan die franchise gedoen het. Anyway, hier ontdek ek toe nou goed om te add en ek gaan aan soos ‘n kind in ‘n speelgoed winkel. Die ding is net, jy moet dit koop.2-3.jpguntitled

Jy koop die simpoints en dan gebruik jy dit om goed te koop. Eers kry ek al die goedjies wat verniet is en toe log ek al my games wat ook weer vir my freebies gee. Maar ek wil boer en die hoenders, beeste en trekker is bietjie duur en ek het nie genoeg punte nie. Nou hier is waar ek besef het ek is getroud met my “twin soul”, sonder om te if of maybe staan liefie op en kom help my dat ek gou punt koop. Sommer ‘n hele paar 100 rande sin. Ek wou eers nie want dis duur maar hy het my so een kyk gegee en gereken “jy speel dit elke dag, hierdie game betaal vir homself”. Ek kon dit nie glo nie. Daar was geen stories van “daar is nie geld” of “dis duur” of “dis belaglik vir ‘n game”…my man ken nie van nee as dit by my kom nie want hy weet ek sal NOOIT geld spend sommer net vir sommer nie. As ek ‘n sent uitgee dan het ek al 3 weke daaroor gedink.

Goed, so daar sit ek met duisende punte en natuurlik het ek klaar alles wat ek wou kry op my whislist gesit (navorsing jy weet) so die shopping gaan vinnig. Ek gee my sim haar nuwe beeste wat sy moet voer en melk, asook haar hoenders. Eerste dag gaan voer ek die hoenders en ‘n haan met die naam van Evil Charles (I kid you not) val my sim aan. Sy is vir 5 ure daarna so ongelukkig oor die storie dat sy nie die hoenders wil gaan voer nie. Charles soek kak met almal. Van my hond tot die bure en veral sims wat vir my kom kuier. Ongelukkig slag jy nie diere in sims nie anders was Charles in die pot. Die koei gee nog nie baie melk nie maar ek voer haar gereeld. My plante kom mooi op en ek oes dat dit bars. Tot dit volmaan is natuurlik. Dan kom die zombies uit en vreet my oes op, soek skoor met Charles en….tot my groot ontsteltenis….stamp my koei om! Cow tipping deur die zombies. Jy kan niks aan die zombies doen nie en as hulle jou byt dan word jy een tot die son opkom so my sim kan maar net magteloos staan en kyk hoe verwoes hulle ons plaas.8114322972.jpg

Iewers tussen shopping en boer het 3 dae verby gegaan en ek kan ongelukkig nie vertel dat ek jammer is of spyt of skaam nie. Nee, ek is happy. Kersfees het vroeg gekom, ek het ‘n man wat my beter verstaan as wat ek self doen en ek maak genoeg geld uit die boerdery dat my sim haar werk kon los. As ek nou net ‘n man vir haar kan kry maar daar is net nie tyd nie. Geen wonder daar is shows soos boer soek ‘n vrou. Die week begin ek Sim soek ‘n boer. So….hoe was jou naweek?

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “So hoe was jou naweek?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s