‘n Korreltjie iets

“‘n Verhouding soos die standlopertjie met die see. As die golf terug trek hardloop hy agter hom aan maar as die golf nader kom hardloop hy weer weg. Dis die natuur dat die golf elke dag gaan nader kom en elke dag gaan terug trek. Dis in die strandlopetjie se manier om weg te hardloop en weer agter die golf aan te hardloop. Die strandlopertjie is egter nie gebind soos die see om elke dag dit te doen nie. Op ‘n dag word die strandlopertjie moeg en vlieg weg en kom nooit weer terug na die golf nie. Die strandlopertjie gaan soek ‘n ander golf, dalk een by die rivier wat stadiger is en meer voorspelbaar. So vandag pak ek my tasse en ek hoop dat daar waar ek vlieg sal ‘n rivier wees en nie ‘n see nie. Net klein golfies wat nie deur ‘n storm in gevaarlike sielsdood omskep word nie.

 

Waar begin jy om ‘n storie te vertel. Jy begin diep in jou hart se kamers rond te krap en dan op na die agter kant van die brein om daardie donker areas aan te durf en weer terug hart toe met ‘n vinnig kuiertjie by die siel net om al drie te kry om op dieselfde ritme van jou kreatiewe pols te klop. Jy krap alles oop wat jy oor die jare so mooi toe gesmeer het want dis in die pyn en die verbode gevoelens waar jy die kos vir jou kreatiwieteit vind. Die storie begin waar ‘n klein strandlopertjie moes vrede maak met die see om die visarend vir die rivier te kan wees. 

 

die wonder avontuur van regte liefde, beste liefde, ewige liefde te vind. as jy terug kyk op daardie pad moet daar nie gebroke harte en verspeelde kanse wees nie. wat voor jou staan moet die beste jy wees, jou spieel beeld, die links van jou regs, die logies anker in die storm van jou wonder verbeelding wereld.  los agter jou alles afgehandel en mooi lewens lesse vir die wat paaie gekruis het met jou.”

Hierdie rou stukkie het ek ontdek in my “ek sal later hierna kyk” tas. Ek lees dit maar dit voel nie soos ek wat dit geskryf het nie. Vir weke nou al dwaal ‘n gedagte in my kop rond soos iemand wat in ‘n begrafplaas loop en grafstene lees.

“Tussen gister en vandag….’n korreltjie niks op ‘n strand van vergeet.”

Indien jy wonder “WTF?” dan welkom op my pad. Ek sukkel om te skryf en hierdie sin bly alles blok. So erg dat ek my eie storie hierbo nie eers herken nie. Dit voel soos iemand baie slimmer en meer kreatief as ek wat dit geskryf het. Dit voel of ek my edge verloor. Asof ek mak raak terwyl ek op stal staan. My lewe het geen drama en dis presies wat enige mens wil hê but I’ll let you in on a little secret…die gode van insperasie en kreatiwiteit vereis petrol vir die vuur en ‘n vreedsame lewe is dit nie.

Is ek dalk so gewoont aan drama dat ek nou verveeld raak en omdat ek verveeld is verloor ek nou my touch? Dalk is dit wat fout is met die wêreld, die mens is nie gemaak om in vrede te lewe nie en aangesien dit nou al byna ‘n eeu is sedert die laaste moerse oorlog begin mense se gatte jeuk. Nie eers ou Eva was gelukkig met vrede nie, selfs sy het gereken

“Let’s shake things up” en toe vat sy ‘n happie. Ek is nou nie ‘n dogter van Eva nie, ek is haar lomp sussie se agterkleinkind en sal stik aan daardie appel so ek kan nie durf ‘n happie van drama vat nie. Sorry gode van goeie idees en mooi woorde, my enigste offer wat ek kan gee (drama gewys) is om kak te soek met mense op facebook en om buite op die gras te gaan lê en met myself praat tot die village glo ek is ‘n heks. Will this do? Want ek het ‘n taak om aan te werk en my koppie is leeg.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s