So lyk dinge by ons.

009.JPG

Dis laventel!! Ja my plantjies het uiteindelik opgekom. Hulle is nog nie veel om na te kyk nie maar as jy aan hulle vat dan kan jy die laventel ruik. Ek is flippen trots op hierdie outjies. Dit reën nog gereeld hier, ons sout (droë rys in en al) is een groot bal, die koffie is vol klonte en die deure wil nie lekker toemaak nie. Ek kan nie gelukkiger wees nie. Weird, ek weet maar dit voel vir my of ek in ‘n woud lewe.

Daar is oral mos, die bome het ‘n digte dag gemaak oor die erf en sonskyn dae is iets vreemd. Ek geniet dit hopeloos te veel. Dalk het ek in my vorige lewe in ‘n plek soos Skotland of Ierland gebly.

Vlinders is nou die hele plek vol maar ek sukkel om hulle af te neem. Party dae lyk ek mal omdat ek op en af in die erf hardloop, kamera in die hand en probeer vlinders afneem. Gelukkig doen ek dit as Manlief nie hier is want hy sal sy gat af lag vir my. Ek lag weer so bietjie vir hom want met al die reën, kry hy nie gebraai nie. Dis nie dat hy nie probeer nie, dit lyk of die huis afbrand of dat ons hulp met rookseine probeer ontbied as hy daardie nat hout aan die gang probeer kry. Dan praat ek nie eers van die muskiete nie (en bosluise). Ek hou hom en al ons diere fyn dop vir enige teken van pes maar ek weet sommer dat dit ek sal wees wat siek word as daar siek uitgedeel word. Dis mos net hoe my luck gaan.

Snaakse goed groei teen die bome en daar is plante wat blom op die erf waarvan ek nou eers die blomme sien. Reën werk soos super grow lyk dit my. Selfs my kombuis venster is toe agter plante. Ek moet net keer of Garden Manager sny alles af. Die kultuur verskille kan mens baie duidelik sien nou dat alles so mooi groei want hulle wil alles oopsny en ek probeer net keer want dis verdomp onnodig om bome en struike af te kap. Manlief het ‘n oorvol gekry toe ek buite kom en sien van my jong bome is afgekap “want die lyn moet skoon”…skuif die freaking lyn vir al wat ek omgee. Los my bome uit. Ja o donner, ek word nou ‘n regte tree hugger. Dit maak my hart seer as bome af gekap word en selfs bossies is welkom in my tuin. Indien hulle bietjie te erg aangaan, word hulle kompos. Goggas ook. Daar bly ‘n groep spinnekoppe in die badkamer en miere ook wat die dooie goggas uit die bad haal vir my. Ons reëling is dat almal bly uit die kombuis en die spens (spinnekoppe welkom in spens) en dat wanneer ek stort moet almal uit. Goggas word nie doodgemaak in ons huis teensy jy giftig is of ‘n rooi malmier wat byt is. House Manager wou die ander dag een van die groot spinnekoppe doodmaak. Ek ken die outjie as ‘n reënspinnekop en vertel toe vir HM dat as hy daardie grotes doodmaak, gaan dit nie kom reën. Of dit waar is weet ek nie maar niemand maak meer daardie grotes dood nie.

Nou ja, vandag is nog ‘n koue nat dag en ek dink vandag gaan ek bietjie skryf. Ek moet net. Geniet die naweek.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “So lyk dinge by ons.

    • Baie dankie. Jissie, dis baie lekker om so mooi kompliment te lees. Ag hel, as ek nog rys by die sout moet gooi dan is dit rys met ‘n knippie sout. Hierdie nat weer lag vir my rou rys idee. Maar dis heeltemal okay, ek vat dit enige dag bo die warm en droog van laas jaar.

      Liked by 1 person

  1. Ek voel so in die winter in die Kaap, as die mos ontwaak in die nat van die winter reen. Kan glad nie verstaan as mense ontslae wil raak van mos nie.
    In Bali kon ek my verlustig in mos op soveel verskillende plekke en verskillende maniere. Dit laat die kind wees in my ontwaak en ek verwag die feetjies wat sal dans op die mos – n tower wereld wat sal ontwaak.

    Like

    • Presies!!! Ek verbeel my ook altyd ek gaan nou-nou ‘n feetjie sien dans in mos. Het jy geweet, om mos te “plant” vat jy ‘n stukkie en gooi dit saam yogurt in ‘n blender en dan verf jy dit op die plekke wat jy mos soek. Hoe weird is dit

      Like

  2. Oe, dit lyk lekker groen en wild en weelderig! (sien nou eers ek het donkie jare laas jou blog gelees – skuus man). Lank lewe die spinnekoppe 🙂 En hoe gaan dit met Tarzan deesdae??

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s