Plagiaat is sonde

Wel as jy is skrywer is, dan is dit. Daar is seker niks in die “gemeenskap” wat jy kan doen wat jou so vinnig jou gaai sal laat sien soos om iemand anders se werk te steel en te maak of dit jou eie is. Jy dra daardie fout soos ‘n swart band om jou naam vir so lank as wat jy lewe. Ek het hierdie maand meer as een persoon tot ‘n val sien kom omdat hulle gevang is met ander se werk onder hulle eie naam en al wat ek kan dink is SIES!! Dis een ding om iemand wat jy ken se storie te vat, mooi aan te trek en te deel met almal mits jy darem met ouma of vriendin dit is geclear het. Dis ‘n vark van ‘n ander soort as jy Gert se stuk van facebook af copy, dit hier en daar verander en dan deel. Elke ou het sy eie skryfstem en net soos jy nie Gert se regte stem jou eie kan maak nie, kan jy nie iemand ander se werk as jou eie probeer afgee nie.

Ek deel gereeld ander se blogs op my blog. Ek maak egter doodseker ek sit nie een nie, maar twee tags by wat vir ander vertel dit is nie myne nie. Ek sal dood gaan van skaamte as dit ooit moet lyk of ek ander se werk steel. Mense wat sulke goed doen, doen dit omdat hulle roem najaag en as dit is hoekom jy skryf…hou asseblief dadelik op. As jy skryf om geld te maak of “famous” dan het ek slegte nuus, jy is besig om jou tyd te mors. Jy skryf omdat jy ‘n storie het om te vertel, omdat jou storie vra vir vlerke en omdat dit nie anders kan. Jy moet net skryf want dis soos asemhaal. ‘n Storie is ‘n stukkie van jou siel wat jy deel met ander en dis hoekom ek skoon maagkrampe kry as ek negatiewe kommentaar oor iemand anders se boek lees. Sure, jy like die boek nie maar het jy regtig nodig om op jou snotty “ek het gaan swot” manier vir almal te vertel dat hierdie ou se boek net diskant donkie stront is?

Net so kan jy ook nie ander se stories steel en joune probeer maak nie. As jy nie iets het om te skryf nie, los dit. Die Afrikaans wêreld is klein, veral op die internet en jy gaan gevang word.

Die Wit Hasie

 

 

Advertisements

One response to “Plagiaat is sonde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s