Van Bang Haas na Super Haas

Ok, so Die Wit Hasie het iets mal gedoen. Ek het op ‘n groep afgekom soos julle in die laaste post gesien het. Toe begin hulle praat van ‘n tydskrif en ek reken, nee dit moet digital wees want almal is op hullle fone deesdae. Ek stel dit saggies voor. Skaam. Heel agter in die klas, half agter die vet kind weg gesteek. Idees word rond gegooi maar hierdie haas het klaar dit in haar kop dat haar idee kan werk, dit gaan beter wees. Skaam en stil mense wen mos nooit so ek noem ‘n paar idees en gaan sit weer. Skielik word ‘n page gebore en dit lyk NIKS soos wat die haas in haar kop het nie en ek weet dit gaan nie werk, dit gaan doodloop en iets snap. Ek gryp my laptop en sit vir ses ure aan een en stel ‘n page op. Presies soos ek dit in my kop sien en ek weet ek trap dalk nou op tone, ek weet ek neem sommer net oor maar al wat ek kan dink is “ek weet dit gaan werk, kom kyk net”. Nog nooit in my lewe het ek so iets gedoen nie. Dit voel of ek ‘n helmet opgesit het en kop eerste deur die klas storm om tot voor te kom en my taak uit te stal.

En wat gebeur? Dis ‘n sukses. Hulle hou van my idee, so baie dat ek nou die admin. Ek staan verstom en kyk na myself. “Wie is jy?” vra ek die bleeksiel want dis nie in my karakter om so voor op die wa te wees nie. Seker omdat ek my hele lewe lank mense om my gehad het wat vir my idees gelag het, mense wat in die geheim of agter my rug vir my gelag het en omdat ek so min like minded mense om my gehad het. Nou het ek ‘n badass Manlief wat my los om my ding te doen en ‘n paar goeie vriende wat meer lees as ek en dus heelwat slimmer is en hard werk. Ek kan nie nou net sit en niks doen nie. So here it is: ek het daardie page gebou, ek is nou sy admin en groot goed gaan gebeur. Ek is nie meer ‘n bang haas, ek is nou ‘n super haas.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Van Bang Haas na Super Haas

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s