Hoe gatvol is jy?

Hoe gatvol is jy vir rassisme? Ek is al taamlik verby dik daarvoor. Ek praat nie net hier van al die tweets oor hoe wittes die land gesteel het en hoe ons almal hoort te vrek op ‘n hoop nie, ek praat van die ooms en tannies wat kliphard daardie klip terug gooi en net so kort voor die K-woord stop (maar houtkop en aap vlieg hoog). Jy sien, almal van ons het rassisme in ons. Jy kan kom blah-blah soveel soos jy wil, ons almal het dit in ons. Net soos jy dit in jou het om ‘n affair aan te knoop, geld te steel of dronk te bestuur. Jy doen dit nie, maar jy het dit in jou. Laas week het ‘n herrie los gebars oor ene Meneer Mothupi wat gereken het as hy God was, het hy wit mense hel toe gestuur. Deur na sy facebook te kyk, skreeu die man al baie lank vir aandag. Hoe minder hy dit gekry het, hoe meer rassisties het hy geword. Ek wou eers kwaad word en toe dink ek Vir Wat? Word ek kwaad vir hom omdat hy aandag soek, omdat hy nie van mense hou oor hulle velkleur (iets wat jy by the way niks aan kan doen nie) of is ek eintlik bang ipv kwaad want ek besef hy is een van miljoene wat so dink.

En wat doen die mense? Hulle veg haat met haat. Ek het my doodgeskaam vir wat WIT mense op sy facebook kwyt geraak het. Sommige het sover gegaan om hom met die dood te dreig. Luister gou mooi vir my, jy kan nie ‘n vuur doodmaak deur nog ‘n vuur te stig nie. Al wat oorbly is ‘n dorre doodgebrande land. Julle wat reken dat julle bo Meneer Mothupi is want jy het kultuur en klas en so aan, het niks van dit vir my gewys deur jou haat die hele wêreld vol te spat. Intussen is daar wit, bruin en swart wat niks van hierdie haat wil weet maar ons kruip weg want sê jy iets dan gooi jou eie kleur jou dood want jy is ‘n verraaier. Kyk, ek meng nie met ander kulture nie, nie oor jou vel nie maar oor die dinge wat jy glo. ‘n Ou wat ek ken is getroud met ‘n meisie van die UK en ek is soooooo nie ‘n fan nie. Sy is vreemd, haar maniertjies piss my af en sy moan oor alles asof ons benede haar is. Ek meng nie met haar en sy is witter as ek. Ek probeer egter ander se kultuur verstaan en respekteer en ek verwag dieselfde. Ek gee nie om saam wie jy slaap, watter taal jy praat, vir wie jy bid of hoe jou vel lyk nie…wees net ‘n goeie mens en los ander om hulle lewe te lewe.

Do as you please but do no harm. Ek is baie meer bekommerd oor hoe korrup die Afrika lande is want jy werk hard, betaal jou tax en dan gaan dit vir een of ander dikgat se smart huis en nie vir die mense wat dit nodig het. In die kort tydjie wat ek in Zim is, is byna elke maand ‘n vrou of ‘n kind dood omdat daar nie mediese hulp beskikbaar is nie. Dis malaria seisoen en die local clinic het nie pille nie. Die week het dokters en verpleegsters begin strike want Bob betaal hulle nie. Intussen is daar gister nog ‘n vrou dood omdat sy nie hulp kon kry maar gelukkig gaan dit nog goed met Bob ne.

Mense, kry julle kop uit julle gat uit en kyk bietjie rond. Die regering gee die petrol vir die rassismevuur want hoe meer ons op mekaar fokus, hoe meer kan hulle steel en ryk word. Boere wat vermoor word, word nie hierby ingesluit nie. Dis ‘n vieslike nes van sy eie. Ek praat van alles wat op social media rond dryf en op die nuus pronk. Nie alle swart haat wit, nie alle wit haat bruin, sommige mense mind nie Afrikaans maar ons almal suffer onder ons korrupte regering en ek dink ons moet eers hulle pak…ons kan dan na die tyd mekaar d@#*er.

Glo ek ons gaan saam staan en dit gaan peace, love, rainbows and unicorns wees? Not de hel want ek hou nie genoeg van enige mens om so soppy te wees nie. Daar sal altyd rassisme wees maar ek dink ons gaan beter vaar as ons mekaar van uit ‘n BMW kan haat ipv van uit die gutter. Punt is, jy gaan nie op my trap nie maar jy gaan my ook nie uitlok nie. Ek moet net glo dinge KAN beter want die ander kant van hierdie penny is net te scary en ek is nog nie reg om op te gee nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “Hoe gatvol is jy?

  1. Ek is moeg! Ek stem ek wil ook nie face wat die ander kant vd penny se nie. Kom ons leef hier en nou in vrede met die om jou. Vertrou die Here vir n uitkoms, na watter ksnt ook al.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s