Kan Hasie ‘n skrywer word?

images (4).jpg

Van Sondag af werk ek. Regte werk (wel sonder die geld) en ek staan elke oggend met ‘n lied in die hart op. Ek is deel van iets groot of so voel dit vir my. Die blad help om onbekende skrywers bekend te stel, jou naam die wêreld in te stuur en dit voel great om te help met dit. Dan kyk ek na die ander admins en wat hulle alles al gepubliseer het en my moed sak in my skoene. Ek dink nie ek kan dit doen nie. Ek dink nie ek het genoeg talent in my om soveel stories sommer at the drop of a hat te skryf nie. Ek is al een tussen hulle wat nog nie iets gepubliseer het nie en natuurlik kom sit die twyfel so wydsbeen oor my skouers en fluister “Always the assistant and never the boss. Jy gaan veraltyd in iemand anders se skaduwee beweeg.”

My kop mors met my en ek moet teen my instink om moed op te gee en te vlug  veg. Jy moet vir ‘n mark skryf, jy moet ‘n tema hê blah-blah-blah…ek is geskroef want ek skryf die storie wat in my is (as daar ooit een is) en nie wat ander mense wil lees nie. Ek skryf vir myself en dis dalk hoekom net myself dit al gelees het. Die rebel in my reken “Well stuff it then, dan lees niemand dat nie but you must not conform.” Ek meng my taal, ek het geen idee wat vonkpos is nie (okay ek het maar ek weier om dit te gebruik)  en sommige van die goed wat hulle bespreek moet ek die woorde gaan naslaan. Al ooit by ‘n party opgedaag in ‘n t-shirt en jeans terwyl almal balrokke aan het? Wel, dis hoe die Hasie voel vandag.

Maar Bang Haas het mos onlangs ‘n Super Haas geword so die enigste manier om hierdie gevoel te hanteer is om te gaan sit en skryf. Maak nie saak hoe k@k ek dink dit is nie, skryf en stuur alles in en gaan lê dan eers in die hoekie. Nou verstaan ek hoekom dit makliker is om jouself te omring met oppervlakkige mense wat worry hoe hulle hare lyk, hoe vet hulle is of hoe amazing hulle naels lyk ipv mense wat jou brein laat gym. Ek gaan een sexy fiks brein hê dis verseker.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Kan Hasie ‘n skrywer word?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s