Stoute Haas

Het jy al ooit na iemand gekyk en gewonder Wie de f@k maak jou skoene vas?

Daar is hierdie knaap, skaars in sy twintigs wat bly opduik in my people you may know afdeling. Ek het nog nooit die kind gesig tot gesig ontmoet nie maar ons het al ‘n paar woorde oor Facebook gehad. Hy en iemand in die familie is vriende en toe reken hy ons is ook sommer vriende. Ek hou my mos nie op met sulke stront nie want ek hou nie van mense. Ek weet met wie ek wil vriende wees en HY is nie een van hulle. So verloor die knaap toe nou sy kop en vloek my dat ek nuwe grys hare kry, net om gou weer om te draai en vriendelik te wees en my te vertel hoe oulik weird ek is. Rooi liggies het geflits en ek het besef dat hierdie “man” nie al sy varkies op hok het nie. Ek het hom geblock. Net om veilig te wees na hy my gedreig het. So hoe ek sy profile kan sien, weet ek nie. Seker maar ‘n nuwe een. Ja, nuuskierig wat ek is gaan kyk toe wat op die profile aan gaan…ek is so spyt. Wanneer hy in Engels skryf (sms taal) dan tik hy  “a em” ipv “I am”. Nou vra ek jou, hoe kry jy dit nie reg om “I am” te tik nie?

Dan praat ons nou nie eers van hoe in-love hy is met homself nie. As hy ‘n vrou was, dan was hy daardie blond bimbo waaroor al die grappies gaan. My mond het oop gehang. Moenie dink hy is al een nie, ek het so bietjie deur sy friends lists gegaan en gewonder of enige van daardie mense skool toe was…like ever. Is dit die toekoms? “Look at me a em famos, a get so many pokes on facebook” en praat oor hoe ek drugs doen, duur drank drink en verder f#*$@ met my lewe doen.

*SUG* Ek word nou oud ne. Jip, my verval datum is verby. Ek is nou van sagte wit roommelk oor na vaal suurmelk met klonte, nes my bo-bene. Die oomblik as jy begin kla oor die jeug van vandag dan is dit verby. So wat doen hierdie volwasse tannie toe? Sy report sy profile omdat hy gross goed share. Nee, nie omdat ek worry oor wie dit sien of dat dit onvanpas is nie, maar omdat dit hom gaan afpiss en hy ‘n klein drama queen daaroor gaan wees. Soos om tok-tokkie te speel of iemand te prank call (as jy nie weet wat hierdie is, stuur vir my jou facebook profile) Want sien, dis kinderagtig en dit bewys dat iewers in my is daar nog ‘n stout kind wat tong uitsteek vir mense. My oorlede ouma het my geleer van “jonk van gees”. My oom is bietjie OCD. Nee ek jok, hy is baie. Alles moet perfek in ‘n ry wees, sy klere is volgens seinsoen in die kas gehang en dan volgens kleur. As iets skeef of uit sy plek is dan ontwrig dit sy hele dag. Hy moet alles los en dit dadelik reg maak. So wat doen my liewe ouma met haar eie kind toe hy by haar kom bly? Sy verpes hom.

As hy opstaan om iets te doen, skyf sy al sy goed rond. Sy sou aspris op wasdag as hy besig is, goed in sy hangkas gaan rond skyf, in die gang af loop en die skilderye ‘n tikkie op of af of skuins draai…man, enige iets om hom te verpes en dan sit sy saggies en lag met oë wat blink. Na sy dood is, sit ek en hy eendag en gesels. Hy vertel my van goed wat sommer vanself skyf in die huis, ek spot en sê dis ouma want jy weet mos hoe sy jou verpes het. Geskok vra hy waarvan praat ek en ek (net so geskok dat hy nooit geweet het nie) vertel hom wat ouma alles met hom gemaak het. Vir die res van my lewe sal ek dit onthou en dit is, jou lyf word dalk oud maar jou gees hoef nie.

Nou om die klein head case te gaan block voor hy uitvind dis ek en dalk my kom op chop. Mens weet nooit met vandag se kinders.

images (6)12.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Stoute Haas

  1. Jy het n baie oulike ondeunde ouma gehad. Ek kan my die prentjie voorstel, hoe sy agter haar hand proes. Die arme man, hy was seker totaal frustreerd met hierdie skuiwery. Kan nie glo hy het nie agter gekom dis sy nie. Hahaha.
    Volg haar voirbeeld en omhels die kinder wit hasie in jou.

    Like

  2. Klink my die wit hasie het vlugtig in die mal hasie verander. Ek het nou lekker gelag. Ek bly aan unfriend a vriendin se man wat gross op fb is. En dan kerm hy vir maande dat ek hom weer moet aanvaar. Ek weet regtig nie hoekom nie. En in ‘n oomblik van waansinnige “ag kom ek hou nou op bitchy wees” dan aanvaar ek hom weer. En is feitlik dadelik spyt. En so voeter ek al vir ‘n paar jaar aan. Ek dink fb maak mens mal.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s