Goggas Welkom

download......

Soos ek al in ‘n vorige blog post gesê het, ons het ‘n gogga vriendelike huis. Dit was nie altyd so nie. Toe ek hier in Zim kom bly het, het ek gereeld probeer vlieg want op die grond loop was nag. As die kat nie ‘n muis op my kom gooi, dan hardloop ‘n roman oor my voete. Mense, die goggas in Zim is groot en hulle skrik nie vir Doom. Die eerste jaar het ek so baie Doom gebruik dat die kos snaaks begin proe het . Ek weet nie wat eet die goggas hier in die boendoes nie maar dis nie dieselfde as dorp goggas nie. Gil en trippel, gil en spring en soms gil en huil was hoe die eerste jaar hier gegaan het vir my. En toe begin ek die goggas gewoont raak. Die paddas word Frikkies, die romanspinnekoppe word Karretjies  en so kry elkeen sy plek in die huis. Frikkies in die badkamer, Karretjies in die sitkamer saam die Toktokkie-looking gogga wat hulle eet. Perdbye buite op die stoep en spinnekoppe net waar hulle wil. Dis net die kombuis wat ‘n no gogga zone is want my kombuis moet skitter so dit kry Handy Andy en Jik van bo tot onder. Nie dat dit die groot bytmiere keer nie en hulle kom net vir die olie glo dit of nie. Hulle hou nie van ons nuwe dieet want nou is daar nie meer olie vir hulle.

Giftige goggas (self Frikkies wat giftig is) moet uit en ongelukkig soms dood want ons moet ons diere en ons self beskerm. Dit maak my hart seer as ons slange doodmaak want ek weet hulle het ‘n belangrike rol maar jy kan net nie daardie kans vat nie. Ek voel eerder nou sleg oor Meneer Slang as wat ek môre langs een van die viervoet kinders se graf huil. House Manager verstaan hierdie goggaliefde nie. Veral met die Daddylonglegs wat ek so lief is voor. Hoe kan ek dan nou hulle los om orals huisies te bou? Want gaan kuier jy by een van hulle dan sien jy al die malaria draers wat daar gevang is en net vir dit mag hulle huis maak net waar hulle wil…selfs in die kombuis as hulle die Jik kan oorleef. As ‘n gogga se pad hom in die huis in vat en hy is nie een wat ons hier soek nie (en ook nie een wat ons kan skade doen nie) dan word hy versigtig uitgehelp. Vlinders, hottentotte en naaldekokers word gereeld gered en veilig na buite geneem. Katta los die geitjies uit deesdae en hulle word nou vet en mak. Hulle weet seker dat in die huis is hulle veilig maar dit beteken nie ek skrik nie as ek die laai oopmaak en een spring uit. Ek gil elke keer en dan lag ek en help die outjie om veilig op die muur te kom.

Ek glo nie iemand gaan enige tyd gou vir ons kom kuier nie want hulle gaan verseker dink hier bly malmense met die Dadddylonglegs wat saam jou stort en die Frikkie wat vir jou in die gang sit en loer. Een ding is verseker, ons het nog nie malaria gekry in die huis nie so miskien werk ons plan. Ek hoop net nie enige goggas hoor my so praat nie want dis asof hulle mekaar nooit om hier te kom bly. Een van die dae gaan ek vir visums moet begin vra.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

5 responses to “Goggas Welkom

    • In die begin was dit rof tot ek hulle maniertjies uit gefigure het. Hulle maak ‘n baan wat hulle om en om volg so as ek net uit die baan bly dan hol niemand oor my (van daar die naam karretjies) Maar die toktokkie goggas vreet hulle so ons romans is vir nou eers weg

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s