Dis nie werk nie

Daar het ‘n ding onlangs gebeur wat ek gedink het ek net onder die mat kan vee en vergeet maar ongelukkig nie. Hoe meer ek probeer vergeet daarvan, hoe kwaaier word my sooibrand. ‘n Week terug het ek vir ‘n Facebook page ‘n blog gestig en speel ook nou admin vir die blog. Ek was regtig nog nooit so trots op enige iets wat ek gedoen het nie. Tot dat iemand vir my gesê het dis nie ‘n werk nie want ek word nie betaal nie, dis niks meer as ‘n HOBBY vir plesier. My hart wat stukkend want iemand het basies op my parade kom kak. Ja, ek het gevloek. Oeps.

Laat ek julle gou iets vertel omtrent skryf. EK moet iemand betaal om my storie te lees en uit te gee en dan maak ek 12% (as ek lucky) daarvan terug. Betaal enige van julle iemand net sodat jy kan werk? Ek is van 7 die oggend tot na 10 die aand voor my rekenaar besig met my eie blog, die page en die ander blog. Dis nie baie gesond nie maar dis gelukkig net ‘n hobby so dis nie so erg nie ne. Weet jy wat is ‘n hobby? Visvang, lees, tuinmaak, oefen en selfs drink. Om iets wat ek met my hele siel najaag as ‘n hobby af te maak het so diep gesteek dat ek nou nog nie oor dit kan praat nie. So ek tik dit maar. Nou vra jy seker jouself, hoekom sal sy verniet ‘n blog vir iemand doen? Want ek wil ander onbekende skrywers help sonder om hulle droog te tap. Want ek weet hoe moeilik dit is om jou stories vlerke te gee. Want dit maak deure vir my ook oop. Ek het pas 3 van my stories ingestuur om hopenlik op radio gelees te word. Ek het hierdie week kontak met bekende skryfwers gehad, sommige se boeke het ek al gelees en ek het so amper-amper fan girl op hulle getrek maar darem my poker face aangehou.

Maar dis net ‘n hobby tot ek geld verdien daarvoor en dan is dit ‘n werk. O en omdat ek min geld gaan verdien, gaan dit seker ook ‘n taamlike kak werk wees. Ek dink nie daar is een persoon wat lewe wat daarvan hou as iemand vir hulle droom lag nie, of afmaak as niks veral as jy soveel ure van jou lewe in dit in stort. Wie hier sal sommer 15 ure ‘n dag verniet weg gee? Maar dis net ‘n hobby en ‘n plesiertjie so wat kla ek.

8ebppc

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “Dis nie werk nie

  1. Skrywers is “by nature” kreatief. En ek het nog nooit ‘n kreatiewe mens ontmoet wat nie fyngevoelig is nie. Ek werk daagliks aan ‘n dikker vel kweek. En ys steeds as ek iets kontroversieel op my blog sit. Want ek kry seer as iemand my kritiseer. Wens ek kon joune wegvee met ‘n slim trooswoord.

    Like

    • Ek hoor my lewe lank ek is fyngevoelig maar weet jy wat, hoekom moet ons alewig ons gevoels “hard” maak ipv van dat ander net bietjie DINK voor hulle praat? Dalk is daar niks fout met JOU vel maar met die wat jou gevoelens seer maak

      Like

      • Probleem is ek kannie ander mense beheer nie. Ek het net beheer oor myself. So dan liewer werk aan n dikker vel. En hoop dit maak my nie hard nie. Net meer weerbaar. Want ek stem saam. Ek is ook liewer fyngevoelig as hard.

        Like

      • My liefste Sus DOEN wat jy doen SKRYF OF BLOG en steur jou nie aan die persoon nie [maak of jy dit nie hoor nie – dis hard maar probeeer} wees MY kleinkind end uit. Lief jjou skryf werk baie.

        Like

  2. Hel. Dis vrek harde werk wat jy doen! Nee jong, ignoreer daai ene. Toe ek as joernalis begin werk het, het ek so ontsteld geraak oor elke negatiewe ding wat oor my berigte gese is. Toe het ‘n gesoute joernalis vir my gese ek moet ‘n dik vel aanskaf. Makliker gese as gedoen. Maar ek is nou al te oud om my aan kinderkak te steur. Mense moet maar blogging is ‘n hobby – dis ten minste iets wat jy geniet!! Fuck it, soos jou prentjie se, hehehehe.

    Like

  3. Jong, julle is reg. Mens moet ‘n dikvel hê en ek het dit oor my skryfwerk. As iemand sê ek skryf tjol dan vat ek dit op die ken en probeer weer. Ek dink ek is net so freaking trots op wat ek doen dat dit gevat het waar dit seer maak. Maar dikker vel is verseker nodig!

    Like

  4. Hasie, jy doen awesome werk en is maklik een van my gunsteling blogs om te lees. So lang storie kort: wat het dit ênnieway met hulle uit te waai? Kyk hulle vol in die oë en sê eenvoudig: “Nee; dis my werk. Sou jý dit nie ook geniet het om so lief te wees vir jou werk, dat dit skoon voel soos ‘n hobby nie?” (Ek kan jou verseker die druiwe is net ‘n bietjie suur!)

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s