Dans met die maan

Ons klomp Boere is mos maar stywe mense as dit kom by dans, nie soos die ander burgers wat dans as hulle bly is, kwaad is of selfs hartseer nie. Dit vat nogal baie “dutch courage” van uit ‘n bottel om ons aan die dans te kry. Dan praat ek nou nie eers van sekere kerke wat dans as sonde sien nie. So dit verbaas niemand as ek sê dat ek te skaam is om te dan veral omdat ek nie kan vasdans nie. Op ons troue het ek en Manlief maar net heen en weer gewieg want waar hy Fred Astaire is, is ek net ‘n chair. Tot ek onlangs op youtube afgekom het om musiek wat my hare laat rys het en iets diep binne my geroer het. Kyk, ek het nog altyd ‘n ding vir bagpipes (doedelsakke) gehad. Niks gee my so vinnig ‘n knop in die keel soos daardie klanke nie en ek kan maklik ure na dit luister. Dis nou nie almal se smaak. Ek ken die musiek van waar jy manne netjies sien mars met parades maar dit wat ek op youtube uitgesnuffel het is….wel, primal. Dit word tribal scottish music genoem deur die mense wat dit post maar die fancy naam is neo-folk. Clanadonia is een van die groepe wat ek regtig van hou. ‘n Klomp manne met groot dromme, doedelsakke en ‘n oom wat lyk of hy Dumbledore se mal boetie kan wees.Clanadonia_Celtic_Band-1.jpg

Met die dat ek so lekker geblok is as dit kom by enige iets kreatief het ek die week baie na hierdie tipe musiek geluister. Ek het gisteraand my bes probeer om iets te skryf, rustig saam aapie Tarzan in die hok gaan sit en gedink, gestaar na die bladsy maar niks. Styf van al die sit het ek opgestaan, na die sterre gekyk en besef dis volmaan. Ek is mal oor volmaan want die nag lyk nie meer donker en gevaarlik nie. Dis sag en romanties en as jy mooi kyk sien jy dalk feetjies (goed, dalk nie maar mens kan droom). Gatvol vir hoe ek voel, sit ek die musiek aan en net daar kry ek ‘n blink plan…ek gaan hierdie blok uit my uit dans. Die lig buite is af sodat niemand my kan sien, sou iemand wil loer en ek begin dans. Eers lag ek vir myself want dit voel so stupid, net hippies en malmense dans onder die volmaan maar ek hou nie op nie. Wat het ek om te verloor? Ek het al alles probeer om uit my funk te kom en niemand kan my sien so let go. Let go en dans. Moenie dink nie, laat jou voete self hulle ritme vind. Maak toe jou oë en luister net, moenie dink nie, moenie dink nie…..

Ek weet nie hoe lank ek gedans het nie, die foon was al redelik pap toe ek klaar is maar ek het ongelooflik gevoel. Vir die eerste keer het ek iets gedoen sommer net want ek wou, sonder om te worry wat ander gaan dink of “wat die mense gaan sê” en ek het aan niks gedink nie. Ek het net gedans saam die maan.

Vanoggend staan ek op en dis ‘n Maandag soos min. Die groot pc het die gees gegee en in Zim gaan ek nie iemand kry om dit reg te maak nie so koebaai Sims. Ek het hope goed om te doen vir die Facebook page en om te copy and paste met hierdie klein acer laptoppie is ‘n bitch. Maar dis shap-shap mieliepap want ek is vol idees vir nuwe stories en skryf heel oggend idees neer. Mens kan dan sê dit het gewerk. Ek kan nie wag vir die volgende volmaan nie.n2bs_stb_002_dancing_in_the_moonlight_lge.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Dans met die maan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s