Shine little glow worm glimmer glimmer

Ek het bad luck met boelies. Nog altyd, my hele lewe lank. Hoekom? Want ek is te sag en my vel te dun. Ek kry maklik seer en ek haat dit om ander seer te maak. Vat nou maar die gaslighting klein dogtertjie wat gereken het ek is goddeloos en basies ‘n shit mens. Wat het ek gedoen daaroor? Niks. Ek sal graag stront wil glo soos ek het die high road gevat of ek is volwasse maar die waarheid is dat ek ‘n lafaard is. Nee, ek is nie bang vir ‘n boelie nie…ek is bang vir myself. Sien, ek het ‘n manier om met woorde te toor en mooi stories te skryf en ek het ook die manier om daardie woorde te vat en in wapens te verander. As ek die dag my moerstrip, dan verloor ek dit so erg dat ek dit nooit kan terug vat of jamme sê. Dink atoombom. Na die tyd voel ek dan soos ‘n hond en dit vat my langer om myself te vergewe as vir daardie ou om dit te vergeet. Mense kan ook baie maklik op my gevoelens speel want ek soek altyd-altyd die beste in mense en dan gebeur “Ag toe nou man, moenie so wees nie. Doen nou dit.” en dan sit ek in ‘n plek waar ek nie wil wees, saam mense wat ek nie wil wees en ek is bitter ongelukkig. En vir wat? Om iemand anders se gevoelens te spaar.

Gister weer sit ek met ‘n boelie. Ek weet nie of dit sy ego is wat in die pad staan en of dit sy klein…..wel, julle weet. Anyway, my normale reaksie is om my stertjie en ore in te trek en maar te vlug. Selfs moeder reken ek moet hulle stuur daar waar die son nie skyn en aan gaan met my lewe. Skielik gaan ‘n liggie aan vir my. Ek doen dit altyd. Dis nou al so normaal dat ek dit selfs met Manlief doen. Ek staan glad nie op vir myself nie want net nou kry iemand anders se gevoelens seer en ek is die vark. Nou dan,wie worry oor my gevoelens? Hoekom moet my vel dik wees, hoekom moet ek dit net ignore, hoekom kom sit ander mense se gedrag en gevoelens op my skouers? Dit stop hier! Ek het nie ‘n saak wie jy is, hoe oud jy is of wat jou titel in my lewe is…as jy van nou af my gevoelens seermaak of op my trap of my nie dieselfde respek gee as wat ek jou gee nie dan gaan jy dit hoor! En dan moet jy maar ‘n tantrum gooi en sê ek is vieslik want ek gaan nie meer my bekommer oor jou gevoelens as jy nie oor myne worry. So maklik soos dit. Wil jy iets gaan drink en ek nie? Raai wat, ek gaan nie saam nie. Is jy familie? So what, as jy ‘n asshole is gaan jy dit hoor. Vrede bewaar se gat.

untitled.png

Dis nou genoeg. Ek weet wie ek is, ek weet ek is ‘n goeie mens en ek sal nooit ooit vieslik wees met iemand net om te wen nie. Ek kan goed skryf, ek werk hard en my idees is goeie idees. I know my worth buddy en jy beter ook. Vandag is die laaste dag wat ek myself gaan klein maak en in ander se skaduwee staan net sodat my eie lig hulle oë nie seer maak nie. Ek hoef nie vieslik te wees om op my regte staan nie. Ek gaan steeds batshit crazy raak maar moeder sal die een wees wat “hy’s ‘n poefdrol poopie head…*letters en klanke wat niemand verstaan*…maak my so kwaaad!!” en die peroon vir wie ek kwaad is sal net “As jy net jou kop ‘n bietjie links skuif, dan kan ek hierdie opinie van jou in jou gat op druk. Dankie vir jou tyd.”

Ek hoop iemand lees hierdie en stuur hullle eie boelies na ‘n warm plek toe maar op so manier that they look forward to the trip.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Shine little glow worm glimmer glimmer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s