Moerstripper, gatwipper en sommer net bedonnerd

untitled.png

Ek dog met grysheid kom wysheid. Nou verstaan ek die sêding oor “dog” but still….

Is ek nie veronderstel om meer kalm en rustig te raak soos wat ek ouer word nie? Ons verstaan nou dinge beter, ons weet hoe om op te tree en jy weet ook dat dit nie die moeite werd is om jou kop te verloor nie. Vertel jy dit nou vir my gat wat elke dan en wan hier agter my ore kom sit en hy sal jou nie glo. Ek weet nie of dit is oor my rekenaar wat gegroet het nie en ek vreeslik na my sims verlang en of dit is dat ek nou skielik weer snotaanvalle kry maar ek is reg om te veg. Vandag is die DSTV af (nie betaal nie) en dis nou nie ‘n vreeslike great loss nie maar ek is kwaad daaroor. Ek is ook kwaad oor daar 17 miljoen mense afhanklik is van toelae en ek is seker daarvan meer as die helfte het dit nie nodig nie. Ek raak nou als so bedonnerd dat ek liefs eerder die nuus vermy.

En toe tref dit my, ek is kwaad want dis onregverdig. Dis onregverdig dat goeie mense nie hulself in hulle eie huis mag verdedig nie, dat jy hard moet werk en tax betaal sodat ander van jou geld kan lewe, dat mense ander oordeel oor goed soos aborsies en dan handjies agter die rug staan as nog ‘n kleintjie in ‘n asblik land, dat korrupsie nie met die dood gestraf kan word nie, dat mense deur die media  aan die snoet gelei word want hulle is te vrek lui om vir hulle self te dink, dat geld almal se god geword het en drug of choice maar moet net nie rook of suiker vreet (suip dat dit klap), dat daar skielik hierdie groep hoogheiliges is wat van hulle high horse neer kyk op ander en die Christen geloof soos ‘n cult laat lyk…..*SUG* as ek so aangaan dan hou ek nooit op met skryf.

Ja ek weet die lewe is nie regverdig nie. Ek wil net weet wanneer wen die goeie ouens. En asseblief moenie vir my sê “as ons hemel toe gaan” nie want dan gaan ek jou moet Facebook toktokkie. En ons moan net heel dag en al dag en dit maak my ook kwaad. Ek het so lanklaas ‘n blog gelees waar een van ons nie kerm oor iets. Ek begin wonder of ons nie in Dementors verander nie of nog erger…EK is besig om in my oupas te verander.

My oplossing is dus om laat middag op die gras te gaan sit, kaalvoet en net alles los te laat. Ek sit daar op die gras en laat die storm woed tot ek weer die gras onder my voete kan voel en dan, dan dink ek stories uit en verbeel my ek gaan eendag ‘n boek skryf. Nou dat die rekenaar EN tv gegaan het, het ek baie tyd. Ek het juis in my dagboek geskryf ek het nodig dat my aandag in een rigting gedruk word. Daardie boek is magick hoor maar dis ‘n blog vir ‘n ander dag.(en magick is reg gespel)

Mag jy aan die einde van vandag jou gatwip-moerstrip-bedonnerde dag op jou grasperk gaan los….en rustig slaap vanaand.

Die Wit Hasie

PS Weet jy wat maak my nog kwaad? Dat al die diere meer van my man hou as van my. Ek is maar net die een wat 3uur die oggend sal opstaan om ‘n honger kat te voer of ‘n ander bed vir die hond te maak as sy hare vol gekots het. Ek is maar net die een wat saam hulle wakker bly as hulle siek is en gereeld met hulle speel! En dan kom hy by die huis en hy is almal se hero en almal wil op sy skoot sit en ek is niks. O en hy kan eet wat hy wil en hy verloor gewig en kry nie sooibrand en sukkel nie om te slaap….en dis alweer nie regverdig nie. Ek het ‘n groter grasperk nodig.

 

Advertisements

13 responses to “Moerstripper, gatwipper en sommer net bedonnerd

  1. Jis maar jy is behoorlik kwaai en onvergenoegd…
    Dai diere…. dis dieselfde met n ma/pa en kinders hoor….
    Jy moet meer blogs lees, daar is n hele paar positiewes.
    Ek dink jy is kwaad vir jou gat… moet net nie nou jou gat vir my ook wip nie… lol.
    Ek dink jy mis jou SIMS.
    Hoop jy voel beter.

    Like

  2. Die probleem is, in my wereld is die huise te na aanmekaar en die grasperk te klein. Vir n goeie vloermoer het jy spasie nodig.
    So vir die van ons wat ingeperk is, gryp maar die kussing en skree en huil jou leeg in hom. Gee hom sommer n paar vuis houe, net dalk help dit

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s