Die haas se drome word waar

En daar mis ek toe hulle my storie op die radio lees en als agv stadige intenet. Nevermind want ek drink steeds ‘n bier daarop. Die eerste een vir amper 3 maande en dit smaak soos goud, nie omdat bier lekker is maar omdat harde werk lekker is. Jy kom iewers uit as jy jou alles gee. Mense het vir my gelag omdat ek ‘n blog verniet run en ek het net gereken…my dankie sal kom. Al vat dit jare. Ek het gedink dit sal kom in die vorm van ‘n skrywer wat ons help bemark het en so kan ek dan deel wees van iemand anders se geluk en sukses (ek is met baie min te vrede) Nou ja, toe lees hulle my storie op die radio en ek is stom. Kan jy dit glo, iemand dink dat my gegorrel toe nou nie so k@k is nie? Toe ek hierdie blog begin het, het ek vir Manlief laat verstaan dis nie my hobby nie maar my skryf gym en dat al die elke dag se getokkel my gaaan help. Nie dat ek dit self geglo het nie maar fake it till you make it.

Ek is nou een trappie op want nou weet ek dat wat ek skryf, goed genoeg is. Die volgende trappie is om te gaan sit en behoorlik te skryf en uit te vind of iemand soos LAPA ook so dink. Ek wil nie self publiseer nie, ek wil die taai uitgewers aandurf en met ‘n boek ander kant uitkom. Nou moet ek ook eerlik wees, hier is van hierdie blogs wat regtig ‘n boek moet wees en ek gaan julle almal nog kry om dit te doen as julle nog nie het. Spanwerk?

Die Wit Hsie

Advertisements

4 responses to “Die haas se drome word waar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s