Dis wat ek dink

Vandag lees ek die blog van ‘n Koos Kombuis wannebe, waar hy/sy droom van wit pretroljoggies en swartmiddelklas ipv sy (ekskuus julle) rassistiese Afrikaner kultuur waar ons droom van ‘n wit Afrika en mense wat ons baas noem. Hy/sy maak seker om al vroeg-vroeg te noem hoe well traveled hy is want dit maak mos dat jy baie meer weet as Jan-hardwerk wat nog nooit oor die grens van sy eie land was nie. Hy droom van ‘n gelyke Afrika en ek lag, skud my kop en dink by myself boetie/sussie, dis tyd vir groot word. Want raai wat? Ons sal NOOIT gelyk wees nie. Al is ons almal dieselfde kleur en praat dieselfde taal en bid vir dieselfde god….dit sal nooit ooit ooit gebeur nie. Daar sal altyd ‘n ou wees wat vrek hard werk en goed lewe EN daar sal altyd ‘n handjie vol luigatte wees wat ‘n free ride op sy sukses soek.

As jy wil hê mense moet ophou worry oor ras, dan moet ons ophou praat daaroor. Wat van “my vriend met die vrot skoene” ipv “my rasta vriend met die vrot skoene”? Maak dit saak watter kleur die joggies is? Nee, werk is werk. My man kom nie uit ‘n huis van geld nie. My skoonpa werk in ‘n ander Afrika land want sy vel was te lig vir ‘n ou werkie in SA en hy sit nou nog 1000 kilos ver van sy gesin. My man het gewerk en baie hard gewerk vir wat hy nou het, sy vel het hom niks gehelp en hy droom nie van ‘n plaas en ‘n wit Afrika nie. Nee, hy droom daarvan om net veilig in die veld te kan gaan stap. Regtig, dis maar al wat hy vra.

Ag nee wat, ek sal dit weer sê….hou op fokus op watse kleur iemand is, hou op praat daaroor, hou op dink dat almal ewe ryk gaan wees want ons gaan almal ewe armgat wees. Hou op dink jy is bo die boeppens oomies met die klippies en cola want vir die massa rassiste (jip, jy kan swart wees en ‘n rassis. Who knew) om jou, is jy net wit en Afrikaans en jy kan hoeveel keer jou sin begin met “ek is nie ‘n rassis nie” maar hulle sal jou nooit glo. So hier is ‘n stoeltjie…..trap nou mooi….come down from the high horse.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Dis wat ek dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s