Nou is ek ouer en dis ok

Jy weet jy is nou klaar met “jonk” wees as jy nie meer sonder make up kan rondloop nie. Voorheen kon jy dit waag om gou winkels toe te gaan op ‘n Sondag sonder om maskare of selfs lipgloss aan te sit. Jy het fine gelyk en sou jy iemand sien wat jy ken, het jy hulle vriendelik gegroet. Geen probleem. Dan gebeur daar iets. Jy verjaar en jy is nie meer in jou twintigs. Waar jy voorheen verjaardag partytjies gehou het omdat jy ouer word en saam dit het dit sleutels van die grootmens wêreld gebring (dink 18, 21 ens), begin jy nou partytjies hou omdat jy nog ‘n jaar lewe. So een Sondag oggend gryp jy die kar sleutels, plak ‘n paar plakkies aan die voete en dink aan alles wat jy by die kafee  wil kry. Jy klim uit by die kafee, maak die deur toe, kyk op en sien dan skielik iets wat jou hart laat gaan staan. In die venster sien jy nie ‘n jong vars gesiggie wat terug staar na jou nie, jy sien ‘n vaal vrou en sy lyk moeg. Jy vermy mense wat jy ken en die oomblik wat jy nie vinnig genoeg kan weg kom nie vra een jou geskok “Is jy siek?”. Nee my f@*, ek’s net oud!

Jy probeer dink wanneer het dit gebeur. Jy kon sweer laas Sondag het jy nog goed gelyk. Jou wange was vol, jy het ‘n glow gehad en daar was nie soveel plooie om jou groot groen oogies nie. Net laas week het jy ‘n nuwe profile pic geneem en jy het goed gelyk en dan onthou jy die salon. Jy wou vir jou vriendin jou nuwe haar kleur wys en moes amper 40 keer die foto delete en oorneem. Jy het opgegee, huis toe gegaan en beter lig gaan soek wat jou ekstra ken nie so highlight nie. Daar was ‘n tyd toe jy tot 4 uur kon kuier, vir ‘n uur gaan slaap en dan gaan werk. Nou het jy een aand “laat” wakker gebly, nogal tot 11 uur sodat jy die fliek kon klaar kyk en die volgende oggend voel dit of jy griep het. Die dag is te lank en koffie werk nie, jy moes amper ‘n hele bottel onderlaag gebruik om die donker kringer onder jou een helder groen oogies weg te steek. Jy is ‘n zombie daardie dag en maak dit net-net tot na 7 daai aand voor jy gedaan in die bed klim.

Skielik is jou lewe te kort  vir alles wat jy nog wil doen. Jou lyf gaan jou van hier af net in die steek begin laat. As jy net eendag alles eet wat jy wil, tel jy dit dadelik op en vat maande daarna om van die gewig ontslae te raak. So jy gaan koop al die roompies, pille en poeiertjies wat elke twee mooi tannie op TV sweer werk. Een klein potjie room kos soveel soos jou maand se groceries maar jy byt op jou tande en koop dit. En Hollywood duld nie ou vrouens nie. Jy is veronderstel om na 50 rustig te wees, jou jare te geniet maar die media vertel ons dat jy plat maagies en gladde gesiggies moet hê en steeds ‘n sex bomb wees. Is hulle seker hieroor? Kan die ooms van daardie ouderdom dit nog doen? Nee? Wel moenie worry want daar word van jou verwag om ‘n jonger laaitie te vat as ‘n lover. Weg is die dae van oumas en oupas met kieries en grys hare wat kinders laat lag met hulle valstande of snaakse sê goed. Nou lyk dit my is dit sonde om oud te word, om saam een persoon vir die res van lewe te wil wees, om hang tieties te hê en om net een flippen dag nie jouself op te dress nie.

Ek sit maar deesdae elke dag make up aan want ek voel jammer vir my man dat hy in hierdie vaal gesig moet vaskyk. Ek gaan egter nie jammer sê vir al die kere wat ek voor 8 in die bed gaan klim, dat ek bril dra of dat my lyf lyk of ek kussings smokkel nie. Ek gaan nooit soos Olivia Wild lyk nie maar ek gaan probeer om meer te doen voor ek nie meer iets kan doen. Mens besef skielik hoe kort die lewe eintlik is.

imagesJE92I3G8.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Nou is ek ouer en dis ok

  1. oegh – ek kan myself ook met groot dele van hierdie skrywe identifiseer, maar die pleister (onderlaag) se dinges, ek doen dit nie ek slaan knoppe van enige ding wat soos onderlaag uit, selfs die poeier srt. Dus moet mense maar al die sproete agv lewensjare probeer miskyk – maar die maskara en blink lippe, daarsonder gaan ek nerens – en ja, in my geval is dit ook vir die ouman wat ek nie wil straf nie – ek wil hom darem wys, ek probeer nog 😉 Die ouderdom se merke bekruip mens glad nie – dit bespring jou en dit, wanneer jy dit die minste verwag!!!

    Like

  2. Oud word is nie vir sissies nie. Dink net gister aan n tyd wat ek so half vies gekyk het na vrouens wat elke dag paint en poeier, selfs op vakansie!!!! Hoe kan jy? Het ek gedink… en nou…. selfs op vakansie moet ek nou maar toe smeer, sonde!!!!
    Ja, ek stem, dit bespring jou net skielik en dan staan jy verslae.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s