Koffie jou lekker ding

Dag 1 sonder koffie: Dis nie so moeilik nie. Tee om jou wakker te maak is glad nie sleg nie. Teen die 14de koppie tee en my 8ste trip na die loo, begin ek dink hierdie plan werk nie. Ek is steeds nie wakker nie maar ek oefen darem want die badkamer is ‘n entjie se stap. Teen 6uur die aand wil ek al gaan slaap. Hoekom wil ek koffie los? Want my lekker koffie is klaar en my man se slegte cheapy koffie werk nie vir my nie. Dis sonde om daardie goed te drink en ek kan net nie. So ek los koffie. Dis nie so moeilik nie. Dag 1 is darem al verby.f65bd06a246f885bfbd81fec6d3bd6f9.jpg

Dag 2 sonder koffie: Ek sien geen rede vir opstaan uit  die bed nie. Ek dink aan my hele dag en niks is die moeite werd nie. En nou besef ek dat my rede vir opstaan is koffie, dis net sad. Mens moet ook piepie so ek sal moet opstaan. 50 koppies tee gaan nie hulself drink nie. Iemand moet seker maak Five Roses bly aan die gang. My kop is vandag seer. Ek skree op die kat wat op my skree omdat hy honger is. Hy hou aan en na 30 minute wat ek vir hom preek oor sy gedrag, tref dit my…ek preek al 30 minute vir ‘n f@$@# kat. Ek het ook die geleentheid gebruik om vir my hond te vertel hoe vet sy is omdat sy ‘n vraat is en waar die kat net geloop het na hy gesien het hy kry nie kos, dink ek dat ek die hond se gevoelens regtig seer gemaak het. Miskien is EK sonder koffie nie ‘n goeie idee nie.58a8b68da6011d7f2ca43380f4a7f87a.jpg

Dag 3 sonder koffie: Manlief het die oggend kom hoor of ek besig is om dood te gaan. Ek het hom vertel watter groot asshole hy is. Hy het geantwoord dat ons almal weet hy is een maar hy gee my gewoonlik ‘n rede om hom een te noem. Hy het lag-lag die gang af gehardloop terwyl ek hom met ‘n skoen probeer gooi. Darem is ek uit die bed. Die hoofpyn is nou constant. Niks help vir die hoofpyn nie. Is ek regtig so verslaaf aan koffie? Ja want ek is deur hierdie detox met coke maar dit was ‘n 100 keer erger. Ek het regtig soveel respek vir mense gekry wat van hardcore goed detox soos drug en drank. Jy besef nie hoe sterk daardie mense moet wees tot jy self iets “onskuldig” soos suiker, tabak of caffeine moes los.Miskien is slegte koffie nie so bad nie begin ek dink maar dan bewys ek net vir myself dat ek swak is en klein bietjie verslaaf kan wees. Net baie klein bietjie en ek weet ek gebruik die woord ligtelik. no-coffee

Dag 4 sonder koffie: Tarzan kry op ‘n manier die display kas oop en breek een van my gunsteling beeldjies. Ek raas met hom en met Manlief wat dink “dis nie so erg”. Ek besluit om Fallout 4 te gaan speel op die ps4. Ek is op level 49, ek kan ‘n hond skop dan level ek op en ek is amper klaar met een helse moeilike mission…en daar gaan die krag af. Ek verloor dit en toe Manlief vir my begin lag, begin ek huil want hy is vieslik met my. Ek storm uit, ons erf is groot genoeg dat ek ver van die huis kan kom maar half pad na die groentetuin draai ek om, gaan sit die ketel aan en maak vir my koffie. F@# dit, ek is swak en dis fine want ons huis gaan dit nie hou as ek so aangaan nie. Die hond gaan sit die laaste paar dae en wag vir my man en ignore my.

So my eksperiment het nie eers ‘n week gehou nie en almal is kwaad vir my behalwe Manlief wat dink dis die snaakste ding wat nog ooit in ons huis gebeur het. Moet eerder nie koffie probeer los nie. Dis gevaarlik.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Koffie jou lekker ding

  1. Baie dankie vir die giggle. Ek is ‘n self erkende koffie snob en voel dieselfde oor cheapy koffie maar my “snobbisme” kan ook nie verby die dag 3 merk kom nie – dan drink ek cheapy koffie onder ‘n skuilnaam !!

    Like

  2. Lekker gelag dankie. Ekself het al koffie drasties verminder wanneer ek agterkom ek trek alweer by so 10 bekers ‘n dag. Met melk. En suiker. En ek kla want ek is vet. En daai kopseer kan jy nie oorvertel nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s