Haas uit ‘n hoed

Jis, kan jy glo dat ons al amper in die vierde maand van die jaar is? Dit voel soos net nou die dag wat die jaar begin het. Ek het in die drie maande ‘n ander Hasie geword en ek weet eintlik nie eers hoe dit gebeur het nie. Die jaar het rof begin met Skaapie se dood en ander stront maar van daar is dit asof die skippie op gladde water gekom het en behoorlik die wind van agter gekry het. Ek het die jaar besluit dat ek myself bietjie ‘n kick in the ass gaan gee. As iemand my wat ek doen in Zim, wil ek darem iets meer as “speel sims” kan sê. Nou run ek twee blogs waarvan die een meer dien as ‘n website, my storie was op die radio en ek leer ken die nuwe skrywers in Afrikaans. Ek kan nie glo hoeveel talent in ons ou landjie is nie.

Skielik voel my lewe te kort. Skielik voel dit of ek nog dekades by my life span moet voeg om alles wat ek kan doen, gedoen te kry.  Die lavender groei mooi, die pampoene is swam vry, al die diere is gesond en die Frikkies jaag my die hele huis vol. Ek sit die hele tyd en wonder wat het gemaak dat dinge so goed gaan en toe sê manlief iets oor iemand anders wat my laat dink

“As jy ‘n man het wat jou nurture, dan is jy nie heeldag kwaad nie.” Dis waar hoor. Die jaar het Manlief vlerke aan my drome geplak en hulle van ‘n krans af gegooi. Raai wat…..hulle kon toe vlieg hoor. Ek besef nou hoe baie jou maat se liefde jou ‘n beter mens kan maak. Gewoonlik is dit ons vrouens wat agter ons mans staan en hulle drome aan help. Dit gebeur baie min dat hulle dit vir ons doen. Party aande sien hy ek ploeg ‘n storie en maak sommer dan kos. Dit nou van ‘n man wat heeldag gewerk het. Al wat ek moet doen is lag vir sy grappies en hop as hy my skrik maak (wat flippen gereeld is hoor, ek is al soos ‘n kat op ‘n warm dak).

Wat sou jy kon doen as jy ‘n maat gehad het wat meer in jou glo as wat jy in jouself glo? Wie sou jou maat gewees het as jy so met hulle was? Dalk moet almal dit prober. Met jou man, met jou vrou, jou kinders en selfs jou hond.  Ons het almal seker maar net daardie een persoon nodig wat magic in ons sien.MUS-FAPC2020_500.jpg

Abbra-kadabbra….

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Haas uit ‘n hoed

  1. Die tipe vlerke wat jou man jou gee is lekker goed.
    Ek moet vir my ouman ‘n pluimpie gee, hy is nog altyd my grootste “cheerleader” in hiedie wereld, selfs die kere waar ek plat op my gesig geval het, was hy iewers in die rondte. Hy gee my vryheid soos min mans hul vrouens gee, ek dink hy het geweet as hy my gaan inhok gaan ek soos ‘n wilde dier wees wie se vryheid hy weggevat het.
    Ek sê menigte male mense moet my asb nie hanteer asof ek my brein by die voordeur los, die oomblik wat ek in hul geselskap is nie.
    En laastens, myne “laaik” ook die skrikmaak storie, en dan word ek van tyd tot tyd tot die uiterste beproef deur na sy snaaksighede te luister, alhoewel hy weet ek is nou nie juis hoog daarop nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s