Wat is jy?

Mense, ek sien ‘n ding wat deesdae trend en dis depressie. Almal het dit, omdat hulle dit het kan hulle negatief wees oor als en net wat hulle wil kwyt raak want dis nie hulle skuld….dis die siekte s’n. Pop…pel….jy het nie depressie nie, jy’s net ‘n fo@#$$ asshole! Daar is mense wat regtig sukkel met daardie donker hond. Wat dag in en dag uit veg vir hulle lewe en meeste wen nie. Maar elke tweede jaafel het dit nou skielik en skryf daaroor en praat daaroor en deel dit met almal want dit laat hulle “beter” voel. Nee, jy soek net aandag jou narcissist. Julle is openlik ongeskik op publieke forums, kraak ander af en het niks (maw NUL) goeie dinge om oor enige iets te sê nie. Ek wil so ‘n persoon bitch slap. Jis, ons almal weet die ou lewe suck en dat die hele flippen aardbol mal geword het en nog en nog en nog. Maar wat is fout met jou tor dat jy selfs ‘n video waar ‘n klomp skoolseuns dans wil afkraak? O en asseblief moenie jouself ‘n realis noem nie, dis net ‘n mooi woor vir…you guested it, ASSHOLE.

Ek probeer baie hard om sulke mense te vermy want dis soos ‘n dementors kiss om met negatiewe mense te praat. Ons almal het af dae, soms ‘n week of ‘n maand of selfs ‘n hele jaar. Ja dit gebeur! Maar wanneer kla en kerm so deel word van wie jy is dat jy aan niks anders kan dink, dan het jy hulp nodig. Ag en dis mos altyd iemand anders se skuld. Ken julle daardie mense? Dit is omdat ek wit/swart/gay/straight/te oud/te jonk is dat so en so met my gebeur. Daar is nie ‘n pil wat dit regmaak nie en jy is nie siek nie. Jy is net……wat jy self gemaak het. Dus is die mag in jou hande (of liewer in jou kop) om te verander. Luister na wat uit jou mond kom, luister na die boodskap wat jy vir ander gee oor jou wêreld en vra jouself af of dit ‘n plek is vir jou kinders of die wat jy lief het. Wil jy graag dat jou kinders glo hulle moet niks probeer want “ag, ek gaan anyway verloor” of jou vrou moet elke aand dieselfde kos maak al weet jy sy is ‘n bo-baas kok want “ag, wat help dit. Ek gaan net vet word of dit gaan ‘n flop wees.”dkiss.gif

Daar is sovel mooi dinge nog oor, ons moet net kies om dit te sien. Ek is nie blind vir die gemors in ons land nie maar ek sien die kassiere wat kastig vergeet om die ou oom se klein bottel melk te lui en verniet vir hom sakkies gee. Ek sien die ou agter die vrou met die huilend baba, in ‘n baie lang ry, wat die kleintjie staan en vermaak tot sy bedaar. Ek sien die man wat saam renosters in die veld slaap om hulle op te pas, die vrou met die hakskoene wat ‘n mall plat hardloop om jou kaart wat jy vergeet het terug te gee. Ek sien al hierdie dinge en die boodskap wat uit uitstraal is:

Daar is altyd, altyd, altyd hoop vir solank as wat jy asemhaal. (Wat daarna gebeur is een van daai dinge) Hoop is my patronus. **side note: is ek dalk TE mal oor Harry Potter?**

Voor jy weer sommer net afpak, kla of jou opinie vrylik deel moet jy jouself vra:

Is jou woorde ‘n patronus of dementor?

7513333e0d4f4058b6b87bc4dc93c6a5.gifpatronus-social.jpg

Die Wit Hasie

 

Advertisements

5 responses to “Wat is jy?

  1. Bravo!
    Ek ken depressie. Soos jy sê, daar is regtig mense wat dit het. Wat ek weet is dat mense met depressie en dit word behandel, positiewe mense kan wees.
    En dan is daar negatiewes wat dink hul het depressie. Erg!
    Mag ons altyd die hoopvolle wees.
    Dankie vir mooi en ware woorde.

    Like

  2. Met al die nuus van vanoggend en wel, gisteraand al het ek gedink: Ek KAN en sal rede he om mismoedig te raak.
    Dank die Vader ek het nie.
    Ek het al gekla dat dit by my ore uitkom. Seker daarvan jy sal baie bewyse op my blog kry daarvoor.
    Wat het dit my gehelp? Boggeroll.
    Ek dink ook dat om Asshole te wees is maklik. Te maklik. Dis hoekom doen mense dit.
    Wees nice? Positief? Dit vat effort. Maar ek glo dat die effort die moeite werd sal wees.
    Elke dag.

    Like

    • Ek is bly oor wat ek sien op die nuus. Vandag gons social media en daar ‘n vuur in mense wat hulle bietjie laat vergeet van ras en laat focus op die dief wat ons land verwoes. Again, iets goed uit die sleg.

      Like

  3. Ek hoor jou woorde wit hasie en ja, eers as jy werklik met die swart monster gestoei het en soms nog stoei weet jy wat is depressie. Dis nie n grap nie en beslis nie n “band wagon” vir n ieder en elk om op te klim nie. Nie n verskoning vir ander afbreek en mooi afbreek nie. Dis laakbaar.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s