Ek wens jy kon my nie sien nie

Genade weet jy, mense….is snaakse goed. Ek is tans terug in warm SA en ek het nie meer geduld vir mense nie. Jy moet verstaan, ek is eintlik ‘n baie skaam mens. Wanneer ‘n vreemde persoon sommer met my begin praat, wil ek soos ‘n skilpad in my dop wegkruip. Ongelukkig dink die mense dan ek is ongeskik. Veral mense van ander kulture waar hulle baie meer outgoing is. Ek wil nou al ‘n hemp vir my laat maak waarop daar staan:

“I’m SHY, not RUDE!”

Ek probeer nou maar om vir almal te glimlag om oor die skaam te kom. Snaaks genoeg werk dit baie goed. Die diens wat ek ontvang is flippen goed en almal is vriendelik. As hulle maar net weet hoe ek voel, sal hulle sommer huil. Ek kan maklik met ‘n vreemde persoon praat maar dan moet ek eerste praat en as ek ‘n funny vibe kry of jou persoonlikheid is oordonnerend (is dit ‘n woord?) dan wil ek vlug. Te veel mense laat my keel toe trek. ‘n Mall is hel en ek het al in die badkamer gaan huil omdat ek gedwing is om op ‘n besige tyd te gaan shop. My arme man probeer dit verstaan maar ek kan sien dat ek hom soms moeg maak. Ek het die ander dag byna ‘n panic attack gehad omdat hy my alleen by die til wou los, met twee trollies vol voorraad sodat hy gou kan gaan rook. Hoekom ek so benoud geraak het weet ek nie. Ek kan net onthou dat ek heeltyd gedink het “Ek gaan alleen hier moet staan. Dit gaan net ek wees. Ek gaan alleen die goed moet oppas” en so aan.

Jy moet ook nie dink jy doen my ‘n guns as jy my na ‘n “nuwe” plek toe vat nie. My man was altyd baie groot op verrasings tot ek eendag snot en trane gehuil het omdat hy my nie wou vertel waarheen ons gaan nie. Dis iets wat nou nog my hartseer maak want hy het dit goed bedoel en ek weet ek het sy gevoelens seer gemaak. Ek dink nie daar is ‘n naam vir mense soos ek nie, as daar ooit nog soos ek is. Ek is loud en snaaks en vol grappies en kan lekker gesels met mense maar ek moet hulle in small doses ontvang. As ek deurskynend kon wees meeste van die tyd behalwe as ek saam MY mense is, sou ek baie baie baie baie baie baie baie baie gelukkige gewees het. Net om daaraan te dink, dat ek kan dorp toe gaan en my goed koop en niemand kyk vir my nie….O the happyness!!

Nou moet die Haas gaan lisensie hernu en my maag het nog nie opgehou pyn nie. Ek moet tussen ander mense gaan sit, op plekke waar ander gesit het en aan goed vat wat ander mense aan gevat het (ja, ek het ‘n probleem met kieme ook want mense is gross- vuil- vieslike goed en dit maak nie saak watter ras of kultuur jy is nie hoor)  My kop is ook seer en ek voel regtig nie lekker nie. Ek haat dit maar ek moet dit doen. Ek is nie bubble girl nie. Die probleem met hierdie weirdness van my is dat mense dit nie verstaan of wil verstaan nie en dan hulle wip vir my as ek kwaai raak omdat ek ongemaklik en benoud is. Ek het al vriende verloor omdat hulle baie lief is vir aandag en die spotlight en ek eerder by die huis wil wees. Mense het my al ‘n snob genoem, gereken ek dink ek is beter as ander of net sommer ‘n rude bitch. Wat hulle nie weet of verstaan is hoe dit voel as jou eie brein jou binnekant lam maak met vrees. Vrees vir wat? Alles buite jou deur wat jy nie ken nie. Dit maak dat jy ‘n baie beperkte lewe het en as dit nie was vir die internet en my man wat my hand vashou deur alles nie, sou ek nooit gesien het wat buite my “zone” is nie.

Kan jy dink hoe moet dit voel om te wil huil want julle gaan vakansie hou op ‘n plek wat nie ken? Om nie na ‘n braai by jou vriende se huis te gaan want daar mag dalk iemand wees wat jy nie ken? Om vir die grootste gedeelte van jou lewe te wens niemand kan jou sien en die ander gedeelte te smag na geselskap. Om twee mense in een lyf te wees,

Weet jy hoe voel dit? Uitputtend, exhausting. Maar jy staan elke dag op en jy probeer beter wees as gister en jy probeer oor jou weirdness kom sodat jou mense nie moet suffer en jy byt op jou tande en gaan doen jou flippen lisensie want that’s just how you roll.

Die Wit Hasie

just_shy_square_0.png

Advertisements

5 responses to “Ek wens jy kon my nie sien nie

  1. Sjoe, dit is n mondvol – jy vrees die onbekende… sterkte! Hoop jy gaan die vakansie geniet, ongeag.
    Ek haat ook winkels en n mall, maar ek is nie skaam nie…
    Kry vir jou n hemp wat se: Voetsek, ek het genoeg vriende – lol

    Like

  2. Ek was ook baie soos jy. Ek het eventually daar oorgekom toe ek net die dag besluit het bogger dit. Ek is ‘n grootmens.
    Ek weet, makliker gesê as gedoen nê?
    Is so. Maar hier is ‘n tip: Gaan in as die mall net oopmaak. Dan is hulle nogals betreklik stil.

    Ek huil nou nog in malls, maar net as my vrou te lank vat in die klere winkels.

    Like

  3. Glo my, jy is NIE die enigste een nie.

    Ek kon op ‘n stadium nie eers Spar toe gaan om ‘n brood te koop nie. En die vuilheid? Nee wat, daar is nog hordes van ons. Mense kan nie naby my kom nie want dan moet ek hulle asem inasem. Mense moet asb ook nie naby my winde opbring (as dit die regte manier is van sê) of ook nie winde naby my laat nie, want dis gasse wat uit iemand se lyf kom en dan moet ek dit inasem. As die kelner se vingers nie NET op die rand van my bord is nie, stuur ek my kos terug. As hulle vingers minder as 3 vingers van die bokant van my glas is, stuur ek dit terug. Niemand mag uit my glas drink, aan my bord raak of van my kos eet nie. En so kan ek nog ure aanhou en jou als vertel wat my gril. Dis ook een van die redes hoekom ek so min Mosambiek toe gaan, ek wil vrek op die grens.

    So ja, ek ken jou pyn. En om van vreemde mense en plekke nie eers te praat nie. Dis ‘n hele ander dag se storie.

    Like

  4. Ek kan onthou net na ons troue, bly ons vir my in n vreemde plek, vir my man sy opgroei plek, dan sal hy se kom ons gaan na so en so. My antwoord was, ons kan nie ek ken hulle nie. Waarop hy baie frustreerd sou se, as ons nie gaan nie, sal jy hulle nooit leer ken nie. Hy was nie die een wat daar sou kom en aan nie een enkele ding kon dink om te se nie. Al my woorde was weg, my denke leeg…..
    Nou is ek baie beter, maar ek othou die swaar van daardie tyd. So ek verstaan so klein fraksie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s