People watching is ‘n sport

Daar is mense en dan is daar tipe mense. Ek het hierdie week baie tipes mense raakgeloop en van julle moet asseblief nie alleen in die publiek toegelaat word nie.

Heelbo aan my lys…mense wat reeds gerasperde kaas koop. Wat de @#$ gaan in jou lewe aan dat jy nie eers kaas kan rasper nie? Moet asseblief nie vir my vertel hoe gerieflik dit is nie want al wat ek kan dink is hoe lui jy is en dat jy seker nie ‘n sekslewe het nie want dis harder werk as kaas rasper. Iets wat vanself  bzzzzzz is mos baie gerieflik. Weet jy hoeveel ekstra rommel lui mense soos jy veroorsaak? Nee man, regtig!

Mense wat jou net MOET vertel hulle gym, hoe awesome gym is en watse lekker shakes hulle daar kan koop. Jy het my verloor by gym. Ek verstaan jy is baie trots op jou lyf (al is sommige van julle mans se tieties groter as myne) maar gym en golf is ewe boring. Soms klink dit of jy net wil brag oor hoe goed jy lyk of vis vir ‘n kompliment. Jy vis by ‘n vlak dam as jy met my praat want ek sal nooit vir ‘n man vertel hy lyk goed nie. Net MY man lyk goed so jammer hoor en vir vrouens wat gym het ek nie tyd nie want as ek jou nie vra wat doen jy om so goed te lyk…wel bitch, dan wil ek nie hoor hoe awesome jou reps is nie (ek weet nie eers wat reps is nie).

Die jong en very hip swart outjie of chick wat my wil nooi vir ‘n party om bietjie culture te beleef. Dink jy, dat net omdat ek wit is ek nie jou kultuur al beleef het nie? Waar dink jy bly ek? Orania? Ek is altyd vriendelik met sulke mense want dis cool dat jy mense van alle walks of life in kring soek maar meeste van die tyd is dit ‘n klap in my gesig. Dit voel vir my of jy dink ek is dom en weet niks omdat ek wit en Afrikaans is(tipies van Afrika, ons dink altyd dis die vel of die taal. Sies vir my, ek weet!). Gewoonlik is sulke swart mense geskok oor hoeveel ek wel weet van hulle kultuur as ons nou bietjie langer gesels. Hoekom weet ek dit? Want ek glo nie jy kan ander met respek hanteer of verstaan as jy nie weet hoekom hulle is soos wat hulle is of dink soos hulle dink. Kultuur het baie met dit te doen. Gister weer moes ek vir ‘n metro black (ek weet nie wat dit is en was te ordentlik om te vra) verduidelik hoe ongeskik dit is om oor geld te praat of daarvoor te vra in my kultuur.

Die tappid wat “pelle” met haar kinders is en probeer maak of sy hulle hip vriendin is. Rook saam hulle, praat kliphard oor waar hulle na die tyd gaan drink en gedra haar bietjie soos hulle girlfriend. Ag gross hoor! Jou short-shorts pas nie by jou wit flappy bene nie en om super blond met heavy make up rond te loop, steek nie weg hoe oud jy is nie. Jou kinders is nog op skool en jy moet hulle help om reg te wees vir die lewe buite jou huis. Jy gaan dit nie doen deur saam hulle te staan en rook en suip nie. Vir jou wil ek met ‘n klip gooi hoor.

Die ou wat nie kan ophou kyk na my boobs nie…..jy’s awesome. Ek het oud, vet en lelik gevoel en jy, jou klein perv, het my laat besef dat ek nog die right stuff het. Dankie.

En laaste moet ek gesels met die klein dogtertjie met die helder blou oogies, vuil hare en ou klere wat in die mall kaartjies verkoop het vir haar skool. Ek het jou gesien, ek wou jou baie graag stick vir ‘n milkshake en ek is baie jammer ek was so lafaard en het dit nie gedoen. Ek het gesien hoe hard jy met jouself praat om na mense te stap en te vra dat hulle jou kaartjies koop en ek het die tannie gesien wat jou so sonder ‘n glimlag weg gestuur het. Jammer meisie, ek moes vir jou ‘n milkshake gekry het en een van jou kaartjies gekoop het. Ek het jou ma gesien met haar short-shorts….

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “People watching is ‘n sport

  1. “Wat de @#$ gaan in jou lewe aan dat jy nie eers kaas kan rasper nie?”
    🙂 Poppie, laat ek jou vertel: As jy Joburg verkeer aangedurf het, by die winkel kom en moet kaas kry vir die kos, wel, dan is daai gerasperde goed Bobaas! Lui ja, maar meer moeg. So moeg dat om Kaas te rasper en dan nog die rasper te was na die tyd? Ha.

    Like

    • Maar presies my punt! Hoe erg is die lewe dat jy nie eers kaas kan rasper. Jy’t nie eers tyd vir dit. Dis baie erg hoor, mens jaag en jy jaag en jy jaag…en vir wat? Eendag is jy oud en dan kan jy nie eers meer ‘n rasper gebruik. Die besige lewe freak my uit. Is dit nie geld werd?

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s