My tas…die aandag-hoer

251025_2_1.jpgSo elke dan en wan moet ek af vlieg SA toe. Dan is dit ‘n gespook om alles in een tas te pak en ek kan nie meer as een vat nie want dis darem net te erg. Manlief besluit dis tyd om ‘n GROOT tas vir my te koop en daar gaan ons winkels toe. Ek sien een pragtige reus van ‘n tas waarin ek ‘n mens sal kan smokkel. Die probleem is dat die tas, is helder blou en moeilik om mis te kyk. Ek het gedink die blou sal help dat ek my tas kan raak sien tussen die ander want ek dra mos bril en kan nie so lekker sien nie. My tas word gewoonlik so geplak met stickers dat dit lyk of hy tien keer om die wêreld was en dit alles sodat ek kan sien dis myne, so die helder blou maak toe sin.

Tot nou Saterdag. Ek het min klere saam gevat Potties want ek wil boeke saam terug bring Zim toe en hulle is mos swaar. Nou ja, daar pak ek toe nou veel meer as boeke in en ek moet op my tas staan om hom toe te kry. Alles binne in is so klein soos sakdoekies opgevou en steeds moet ek mooi praat met hom om die zip toe te kry. Flippen hel, sonder om hom op te tel weet ek hy is ver oor die 23kg. Ek smeek en soebat die gods of travel al die pad tot by die lughawe dat my tas tog net op die vlugtuig toegelaat sal word sonder dat ek iemand moet roof om dit te betaal. Vandag is hierdie helder blou van my tas toe nou meer van ‘n hindernis as ‘n hulp. Ek wil hê ons twee moet onder die rader bly en ek is seker ek lyk so skuldig soos een wat regtig ‘n lyk in haar tas smokkel.

Ons staan in die ry met my swaar tas en ek probeer die dikgat uit die oog hou maar hy wil nie saam werk. Sodra ek die tas probeer stoot, dan loop hy sommer self na links of regs of enige pad solank dit nie die een is waar ek hom wil stoot. As ek hom sleep, dan is hy so swaar dat ek lyk soos ‘n os wat die wa oor die berge probeer kry. Ek vloek saggies al die pad en probeer dink waar ek ekstra geld gaan kry om my tas se pad oop te koop na Zim. Kom voor en daar is dit toe so, die tas is 27 ipv 23 en sy reken hy mag nie gaan nie. Ek panic, my keel trek toe en ek begin rand en sent praat. Gelukkig vir my is die dame in ‘n goeie bui en sy fluister toe vir my “I will let the bag go. Just for now.” Ek probeer om nie ‘n scene te maak maar ek wou eintlik oor daai toonbank spring en haar ‘n soen op daai vet lippe gee so dankbaar is ek (ek is so nie ‘n soen mens so julle moet weet hoe dankbaar was ek)

My tas het egter ‘n ander plan. Plaas hy nou onder die radar probeer bly sal hy nou die vet kind in die speedo wees by die pool party. Sy handvatsel wat uittrek en waaraan jy hom dan sleep, wil skielik nie terug nie. Ons spook (ek en ma en die girly by die counter) maar die bliksem wil nie sy handvatsel intrek nie. Hy lyk soos die ou wat met ‘n stiffie op die strand loop, almal gaan dit sien! Nou slaan die sweet my uit want sy laat hom for free ry al is hy oorgewig en ons moet nou sharrap en bly wees maar daardie aandag hoer van ‘n tas weier net. Nie net staan sy handvatsel styf nie, hy val met so ‘n slag op die conveyer belt dat die hele flippen lughawe omdraai om te kyk wat dit was. Vandag is die dag wat ek in Zim aankom en my tas staan nog op SA se lughawe, ek voel dit sommer aan my seer arm (daardie tas was regtig moer swaar okay)

Ek stick moeder vir ‘n R30 koffie. F@#!! In my lewe het ek nog nooit soveel vir koffie betaal nie en dan is dit nie eers lekker nie maar die diens is great so ek kom gou oor dit. Groet die ou vrou en gaan staan in die ry om passport te stamp. Sal een asshole nou die heeltyd staan en poep daar tussen almal. Jy is soos ‘n bees in ‘n drukgang vas en jy kan nie vlug nie. Ek moet ook heeltyd ander se kak gesprekke hoor (nee, jy fluister toe nou nie sag genoeg nie jou klein d@##!) en ek wil dit nie hoor maar mens kan nie help. Die knaap dink hy is baie slim maar bo die nerds wat staan en boeke lees in die ry. Hy hanna-hanna oor hoe daardie boeke so onder sy vlak is en dat jy kan sien as mense nie baie travel nie want hulle lees small minded boeke. Is Harry Potter small minded? Ek het my boek terug in die sak gesit. Sy gulp was oop en ek kon sien waarvoor hy probeer opmaak. Die klein seuntjie wat dit uitgewys het, het my dag gemaak. Dit was op ‘n oomblik wat dit skielik stil geword het en die kind klip hard vir sy ma sê “Mens kan daai seuntjie se tottie sien.” en toe point. Karma….

Na dit alles sal jy dink dinge kan net beter raak van hier maar nee, nie met my luck nie. Vir die eerste keer ooit is daar Afrikaanse mense saam my op die vlug en vir die eerste keer ooit, dink my man dis snaaks om met ‘n naam bordjie vir my te wag. Ek kom uitgestap na die Afrikaanse paartjie gegroet het, ek sien toe hulle ouers wat met ballone staan en wag en net langs hulle my man. Hy het ‘n papier en op dit staan Stukki va da Marwe soos in die song Stukkie van der Merwe, gaan luister hom. Nou kan ek nie ‘n U-turn maak nie so ek maak net of ek hom nie ken en probeer verby stap maar die wetter storm op my af soos ‘n hond wat kos gesien het. Ek het in die badkamer in gehol so gou ek kon. O en my tas….sy handvatsel het maklik terug gegaan NA ons gevlieg het. Wat ‘n weird dag!

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “My tas…die aandag-hoer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s