Ons vakansie in Mosambiek 1

Ek wou graag ‘n blog post doen oor Dream Catcher Lodge in Engels en ek gaan nog maar dit vat flippen lank. My engels is goed as ek praat maar nie so hot as ek skryf. Intussen gaan ek vir julle ‘n bietjie vertel van wat ons gesien en beleef het. Heel eerste moet ek noem dat die pad soentoe nie vir sissies is nie. Die laaste 100km is daar byna geen pad en jy ry eerder langs die teer as op dit maar moenie dat dit jou afskrik nie, dis mos deel van die Afrika avontuur. Vir die wat nie lus is vir ry nie en bietjie geld het, kan jy van Joburg na Vilanculos vlieg en die lodge se mense sal jou kom haal.DSCN3116DSCN3118DSCN3121

Jy kom by Inhassoro ingery en jy kan nie mooi agter kom of dit net ‘n village is en of dit wel ‘n dorp is nie. Ons ry tussen mense se vervalle huisie deur om by die lodge te kom en ek raak bekommerd dat die plek dalk nie so nice gaan wees soos wat die internet net ons vertel het nie. Die internet was al baie verkeerd oor plekke. Gelukkig is die internet die keer reg gewees want alles is mooi en netjies en skoon. Ons stop en drie Jackies kom met ‘n groot gejuig uit om ons te groet. Twee vet ou tannies en een jong meisie wat baie bly is om ons te sien. Die honde dink dat dit hulle werk is om elke besoeker te verwelkom en dit werk. Ons het dadelik tuis gevoel. Mia (die jongste een) en Manlief het in ‘n tug of war speletjie betrokke geraak. Hy was besig om die tou los te maak en Mia het besluit om te help. Toe hy die tou by haar vat en op rol, het sy plat op haar maag in die sand gaan “rou”. Daardie gesiggie het gelyk na een wat se hart in ‘n duisend stukkies gebreek is. Ek het nog nooit ‘n hond so hartseer sien lyk nie. Sy het Manlief ook nie vergewe vir dit nie want vir die res van die naweek het sy hom ignore of vuilkyke gegee. (Ek het vergeet om van die woefs fotos te neem)

DSCN2966DSCN2967DSCN2968DSCN2969

Die wind het baie gewaai en dis blykbaar hoekom daar golwe is. Ons het een windstil dag gehad en toe was die see soos ‘n dam. Dit was weird om langs ‘n see sonder golwe te sit.DSCN3075.JPG

Die sand op hierdie strande voel soos koekmeel. Fyn en sag en die water voel soos badwater. Ek en Manlief het soos sotte staan en glimlag want ons kon nie ons geluk glo om net daar te kon wees. Ons het die meeste van die tyd op die deck spandeer waar ons net vir die see gesit en kyk het. Die lodge se kos is heerlik en die manager Sharon het ons soos ou vriende laat voel. Ek dink nie ek het al so nice persoon soos sy ontmoet nie. Daar loop nie waiters rond nie want die verbly is eintlik selfsorg en die kroeg word op ‘n “honesty policy” gedoen. Dit wat jy vat skryf jy self op en in die begin het dit baie snaaks gevoel om sommer net te vat sonder dat iemand daar staan en jou dophou. Ek het vinnig besef dat hier duidelik goeie mense kom vakansie hou as hulle gemaklik is om hulle kroeg oop te los.

DSCN3096.JPG

Al is dit selfsorg, kan jy met Sharon gesels vir ontbyt en aandete. Die een aand het ons ‘n seekos buffet gekry wat jy nooit in enige Ocean Basket sal sien nie. Ons het skoon siek gevoel na die tyd. Die mense maak heerlike kos en almal sit saam by een lang tafel en eet. Dit dwing jou half om sosiaal te wees met die ander gaste. Ek en Manlief is maar eenkant mense so hierdie was die beste ding wat met ons kon gebeur. Ons het die gaafste mense ontmoet, ook ‘n klomp Zimbos en ek het toe verstaan hoekom dit altyd klink of almal mekaar ken in Zim….want daar is so min van ons dat almal regtig mekaar ken. Ons was baie gelukkig om so ‘n nice groep te wees en almal het die plek op dieselfde manier gekry, ons was besig om na ander plekke te kyk toe pop Dream Catcher op so asof die Universe geweet het wie gaan goed saam gel.DSCN3098 Ek is eerlik waar home sick hier waar ek sit maar nie vir my huis nie. Ons gaan probeer om Augustus weer te gaan want dit was eerlik waar die beste vakansie ooit. Ons het ook afgespreek met die ander “gaste” om ons daar te kry. Ja glo dit of nie maar ons het maatjies gemaak. Daar is soveel om te vertel dat ek hier gaan moet stop voor die post te lank word. Genade, kan mens verlief wees op ‘n plek want ek dink ek is. DSCN3035.JPG

Advertisements

4 responses to “Ons vakansie in Mosambiek 1

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s