Ons vakansie in Mosambiek 2

‘n Dag op die see…

Begin baie vroeg. Ek eet niks en drink net ‘n klein bietjie koffie want ek was nog net een keer op die see so mens weet nie of jy gaan naar word nie. Dan is daar ook nog die besigheid van as jy wil blaas leeg maak. Vir mans is dit sommer tjop-tjop oor die kant van die boot maar as vrou verg dit beplanning en dan moet jy ook keer dat die arme skipper nie ‘n view kry waarvoor hy nie gevra het nie. Die manager Sharon is saam ons vroeg wakker om seker te maak ons kry die boat packs en sommer net om seker te maak almal word gegroet (sy is net so tipe mens). Haar seun Bruce is ons skipper en vang al in die area vir meer as 12 jaar. Ek hou dadelik van hom want hy is soos Manlief, stil en down to business en natuurlik net ‘n baie gawe mens soos sy ma. Daardie hele dag het ek Bruce nie veel hoor sê tot dit “fish on” tyd is en dan bars die man uit sy nate. Bree glimlag en opgewonde en aan die gesels, tot die vis klaar gevang is dan raak die liggie weer flou. Hy en my man is so baie dieselfde dat dit creepy is en needless to say dat hulle baie goed oor die weg gekom het.

Maar terug na die strand, voor ons op die boot klim. Hier is iets wat min mense weet van my, ek is doodbang vir boot ry. Was nog altyd en het dit gewoonlik net gedoen want al die ander maatjies doen dit. Ek weet dat as jy benoud is, help dit die naar aan so ek probeer kalm bly maar mense, die wind waai en die see skommel. Dit lyk of iemand die see in ‘n groot skottel gesit het en toe met die skottel op ‘n grondpad gaan ry het. Manlief maak seker dat alles vinnig gebeur sodat ek nie kan hol want hy weet as ek moet dink hieroor dan gaan ek ‘n hoender wees en terug in die bed gaan spring. Op die boot en daar gaan ons en jy moet letterlik klou vir jou lewe. Ek staan want as jy sit kan jou stytjie seer kry en ek hang aan die raam om die stuurwiel. Die raam het ‘n naam wat ek nou na die tyd geleer het maar ek kan dit nie onthou. Dit behoort jou ‘n goeie idee te gee van hoe groen ek is as dit kom by bote en goed.

Hou jou bene “lock” nie want sodra jy oor oor ‘n golf gaan en met ‘n slag land, kan jy jou knieg seermaak. Check. Voete ver van mekaar om balans te verbeter. Check. Blikskottel! Ons slaan daardie golwe met ‘n spoed, jy kan nie anders en met elke slag is dit asof iemand my met ‘n tuinslang spuit. Dis scary, hierdie was ‘n slegte idee dink ek en kry ‘n mond vol seewater maar dan gebeur iets….my adrenalien skop in en die bang sit om in ekstase en skielik verbeel ek my ek is flippen Captain Jack Sparrow conquering the high seas. Die water is ‘n kleur wat ek nog nooit gesien het nie en as die wind nie so rof waai, kan jy tot op die bodem sien. DSCN3051DSCN3052

Ons gaan soek agter Paradise Island skuiling en daar probeer die manne toe nou fish terwyl ek allles af neem. Bruce vertel vir so 400 mets kan jy op die eiland gaan loop en na die verlate hotel en casino kyk. Die dag was die wind te kwaai om dit naby die einland te waag maar volgende keer gaan ek verseker daar gaan loop. Die hotel en casino kom van die dae voor die oorlog en ek wat so mal is oor geskiedenis het gebrand om daar te gaan loop. Om my te troos dat ek nie daardie dag op die eiland kon gaan loop, het ‘n reuse skilpad verby geswem. Hy was wraggies die mooiste ding wat ek al gesien het maar ‘n skaam outjie want teen die tyd wat ek die kamera uit het, was hy weg. Laat ek ook net noem dat om op ‘n boot wat skommel te probeer staan en fotos neem, is soos om ‘n trop katte in ‘n sak te probeer kry.DSCN3057DSCN3046DSCN3061

Alles gaan goed tot ek iets eet. Van daar raak dinge bietjie blurry. Dit het gevoel of iemand koue slym oor my gegooi het en teen die middag smeek ek Liefie om die visvang te los en my op vaste grond te kry. Ek kan met trots sê dat ek net naar was en niks meer. Vir ‘n meisie wat maar vir die tweede keer op die see uit was, het ek goed gedoen. Jislaaik, ek het so sleg gevoel dat ek die visvang trip kort geknip het want dit was ‘n goeie dag. Ek het ‘n queen fish gevang en Liefie het die bonnies gelooi. Ek kon nie die bonnies vang want hulle is te sterk vir my pap arms. So raai wie het nou begin weights doen…

En natuurlik het ek geleer van “tax men”. Die van julle wat nie, dis haaie wat jou vis van die lyn af gryp. Ek het my so amper nat gemaak toe Manlief se groot vis op kom met ‘n groot gat vol tande agter hom. Twee groot bull sharks het hulle kom tuis maak om die boot en ons moes toe ‘n ander spot gaan soek want as hulle eers daar is, kry jy niks gevang. Aangesien ons catch and release doen wil mens nou nie onnodig die visser vermoor deur hulle vir die tax men te gee nie. Ons is diep see toe en dis waar ek toe naar geword het. Ek dink ook dis omdat ek toe behoorlik bang was want die golwe is so hoog soos ‘n huis en die wind so rof dat die golwe in die oop see breek. Nope, dis nie vir my nie. Gelukkig kon Manlief die volgende dag weer uitgaan saam van die ander gaste en toe het hy ‘n baie groot king fish gevang. Ek het maar liefs op die deck gebly want ek was nie reg om weer siek te word. Snaaks genoeg, dit was toe die dag wat die wind gaan lê het. Net my luck.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Ons vakansie in Mosambiek 2

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s