Daar is ‘n Poephol net ‘n klipgooi ver

Ag mense, regtig…sommige van julle moet net nie op Facebook of enige vorm van media wees waar jy jou kak idees met die wêreld kan deel nie. Ek weet nie wie maak julle skoene vas nie maar hulle moet asseblief julle fone en rekenaars en sommer alles met knoppies weg vat, selfs die remote want ek dink van jou kak idees kom van die TV af. Oor wie praat ek hier? Ek praat oor die mense wat so bekvol het oor die “It’s Time” saam trek. Nou hoor gou mooi hier, wie ek vir bid en onder watter geloof ek val het net mooi niks met niemand te doen so dis nie asof ek daar was om saam te “Amen” en hande klap nie MAAR wie is jy, jou ou poephol, om dinge kwyt te raak soos

“Mense wat daar was is op die verkeerde pad”

“Daardie oom dink hy is Jesus maar hy is niemand”

En blah blah blah blah blah. Hoorie Sannie, sit down en shut up want wat het JY nou al gedoen om dinge in die land en op die ou aarbol beter te maak? Behalwe mense oordeel, behalwe mense soos ek weg te dryf van die kerk, behalwe om ander verlore siele nog verder te vertrap ipv op hef. Ja jou onderrok wys as jy sulke comments los op Facebook en ek weet sommer watter jou soort is. Jy is die hoogheilige wat ander oordeel, altyd in die kerk is, glo jy gaan hemel toe maar ‘n sê wil hê oor wie nog op die bus klim en eintlik is jy net ‘n poephol. Wat maak dit nou saak wie daardie dag die “speaker” was? Niemand wat daar was het iemand anders seer gemaak nie, hulle het vir almal gebid en ek is seker baie van daardie mense het ‘n beter persoon daar weg gestap. Wat is fout met dit? Hulle kon ‘n miljoen Hindus gewees het vir al wat ek omgee, so lank dit wat hulle doen niemand seermaak en maak dat hulle goed is vir ander is dit shap-shap mieliepap.

Ek het die artikels gelees en mense se stories gelees wat daar was en dit het my ‘n knop in die keel gegee. Dit was regtig mooi om soveel mense in liefde en eerbied te sien saam trek. Regtig, dit het my free spirit hartjie geroer en my hoop gegee dat ons Afrika is toe nou nie so donker Afrika nie. Dan moet ek wonder wat gaan in jou hart aan Meneer Poephol, dat jy daardie fotos so een kyk gee en scheme

“Hierdie Angus ou is ‘n skelm en almal wat daar was mamparras omdat hulle geval het vir dit”

Yes, I kid you not. Dit is regte comments wat ek gesave het net omdat ek dit nie kon glo. My oupa het altyd gesê die wit Afrikaner kan nie saam staan nie en dat ons nie die son oor mekaar gun nie. Ta-da!! Oupa was toe reg want waar al hierdie mense vir hulle geloof bymekaar kom (en daar was Engelse, swartes ens net voor iemand raas dat ek dit nou ‘n “boer” ding maak) het daar net soveel by die huis gesit en mor oor hoe verkeerd dit is. Dit gaan nie oor die ou op die verhoog nie maar oor almal wat daar saam was en wat (hopenlik) sterker mense daar weg gestap het. Een ding wat hierdie storie my laat besef het is dat ons baie cults in SA het wat onder die dekmantel van “kerk” weg kruip. Die manier wat sommige van hierdie mense praat het my laat dink Waar kom hierdie Warren Jeffs motherf@##@$ vandaan?

Ek is kwaad vir hierdie negatiewe poepholle. Dink julle nie daar is genoeg negatiwiteit in ons land sonder jou 2c nie? Sies, skaam julle. En vir die wat daar was…don’t let me down. Gaan groot met die lig en liefde ding en maak die wêreld om jou beter, al is dit net een persoon wie se hart jy raak dan is dit mos genoeg. Ek glo in goeie mense en ek glo dis aansteeklik.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Daar is ‘n Poephol net ‘n klipgooi ver

  1. My opinie ook – dit gaan nie oor Oom Angus nie, dit gaan oor iets baie groter as hy. Mense het saam gebid vir ons stukkende land, en hulle kan maar wat sê, min mense het dit nog sover reggekry om soveel mense vir so goeie doel saam te kry hier by ons.

    Of ek van Oom Angus hou of nie is nie ter sprake nie, ek sou net graag ook wou deel wees van so iets.

    Like

  2. Ek het ongelukkig ook diesulke goed raakgelees. En ek stem beslis saam met jou, wie en wat is jy, watter verskil het jy al in ons land probeer maak? Maar ja, ek het baie respek vir die ou omie ongeag wat mense skree/kwytraak. Maar ja, ek is ook ‘n Christen en sal daaroor gesê word dat dit is waaruit my respek kom… nee, toe nou nie, ek ken net my soort!!!

    Like

  3. Amen. Hoe kan ons mense kritiseet wat die Naam van die Here aanroep? Hoe kan ons mense jritiseer wat die mied het om Sy Woord te verkondig.
    Ons doen dit elkeennop sy eie manier. Sommige aanbid rustig by sy huis, ander put krag uit ‘n massa-byeenkoms.
    Solank ons werk vir die Here.
    En soos jy sê, niemand is benadeel nie.

    Like

  4. Ek skud net my kop in ongeloof oor al die simpel uitlatings wat mense maak. Die beste skeidsregter sit mos altyd by die kantlyn.
    Dit id eenvoudig die grootste mooiste geleentheid nog in SA. Kyk na die foto’s van tydens en na die tyd, dan se ek met trots ek is in Suid-Afrikaner war in hierdie vry land, die Almagtige God aanbid. Basta met die galbrakers.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s