Kom ons vang drome

untitled.png

My kursus moet klaar teen Julie en daar is nog vrek baie om te doen. Skryf is harde werk en ek besef dit nou eers. Dan kyk ek na groepe soos SA Stories waar mense elke dag iets plaas en my mond hang oop. Hoe doen julle dit? Een van die goed waarmee ek sukkel is om my storie kort en kragtig te vertel. Selfs met ‘n roman mag jy nie te veel skryf nie. Ja, daar is wraggies iets soos ‘n TE veel vertel in ‘n storie. Ek moet leer dat die lesers nie dom is nie en dinge vir hom/haar self kan uit figure. Die raad wat ek toe kry is probeer dig. Ek het amper van my stoel af geval want om ‘n gedig te skryf is glad nie my ding nie. Dis vrek moeilik en soms verveel gedigte my.

Wel, jy het gekom om te leer so leer nou iets nuut dink ek en gaan sit toe en beplan een. Probeer een wat baie rym want dis makliker en dan is die kans minder dat jy gaan droog maak. Hierdie raad het ek niks van gehou nie want gedigte wat heeltyd rym voel vir my soos iets wat jy vir kinders skryf. Selfs Ingrid Jonker se gedigte het net hier en daar gerym. Ek het toe my gedig geskryf en dit geplaas op die afrondings blad op Facebook sodat die mense wat gereeld dig soos wat ek gereeld skryf, vir my raad kan gee. My maag was in my keel want ek is so bang mense lag vir my, ek lag vir my for goodness sake.

Behalwe dat ek hoofletters op die verkeerde plek gebruik het en ‘n paar woorde nie aanmekaar geskryf het nie, het almal my goeie terugvoer gegee. Ek het geleer hoe om ‘n storie te vertel met baie min woorde. Nou gaan ek net aanhou oefen en dit wat ek geleer het toepas in my kursus. Ek weet net nie wat ek gaan maak met hierdie aanmekaar woorde wat ek so mee sukkel nie.

Gisteraand het ek gedroom ek wen die ATKV prys vir beste nuwe skrywer en dat die storie gebruik word vir die Graad 12’s se eksamen. Ek het nog nooit so iets gedroom nie. Seker omdat ek anyway nie glo ek is goed genoeg vir so iets nie en ook omdat ek glo as jy sulke goed droom, dan is jy nie nederig nie. Ek weet dis stupid om so te dink, mense kan nie help wat jy droom en mens mag ook maar groot droom. Die gevoel wat ek beleef het in daardie droom het so regtig gevoel en dit het my laat wonder…as ek baie hard werk en regtig hierdie bietjie talent wat ek het “gym” dan is daar mos geen keer aan wat ek kan doen nie. Dalk het ek dit gedroom sodat daar bietjie woema in my gat kom om uiteindelik behoorlik te werk aan my stories.

Ons is so gewoont daaraan om net tevrede te wees met ons gewone lewe want ons word vertel as jy oor meer droom dan is jy ondankbaar. Ek het ook so gedink maar ek het aan die begin van die jaar gedroom daarvan om my stories met die wêreld te deel en het dit so bietjie reg gekry. Hoe meer ek gedoen kry, hoe meer wil ek doen want ek het nooit gedink ek kan nie. So ek dink my doel met die blog post vandag is om JOU te vra wat jou droom is en of jy nie ook die jaar jou droom moet laat lewe kry? Dis mos nooit te laat (teen sy jy ‘n rock star wil wees en nou 50 is, dan is dit verseker te laat).

Die lewe het ons hier teen die see uitgespoel
Verlore kinders, lewens sonder doel
En een aand het ons vir dieselfde maan gekyk
Jou siel het na myne uit gereik

Waar die water die land piksoen
Het ek belowe om alles vir jou te doen
Om jou te leer ken
Om jou hart te wen

Tussen gister en vandag
Het ons saam op ‘n strand leer lag
Maar ‘n duisend stukkies van my
Kan nie pas by ‘n duisend stukkies van jou

Golwe van die lewe het ons weer in gesluk
My reddingsboot was jou geluk
Aan dit het ek geklou
En ons aand onder die maan nooit berou

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “Kom ons vang drome

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s