Dis ‘n fo@#op of is dit ‘n gemors?

F3295B3860AF4AABA3549F6D59D521523184411B.jpg

Ek vloek te veel. Dis nie dat ek nie ordentlik groot gemaak is nie of dat ek nie van beter weet nie. Ek vloek net baie dis maar al. Wanneer ek kwaad word beter jy jou ore toe druk en vlug want ek sal nathout aan die brand vloek. So het dit toe laas week en die week gebeur dat mense van my idees vir een van die ander blogs steel asook van my eie blogs roof en dan net opglam en as hulle eie voorsit. Ek was so kwaad dat ek blind geword het. Daar trek ek weg en al daardie woede tuimel in vloekwoorde uit (gelukkig veilig in my eie huis) maar na ‘n ruk het Manlief dit gewaag om vir my saggies te sê “Sjoe liefie, bietjie stadig met die vloek huh” Vir een of ander rede het ek sommer begin tjank. Ek weet mense is soms useless goed wat by ander steel of “leen sonder erkenning” maar ek is nie gewoont daaraan dat iemand so blatant by my steel nie. Ek het nog die email waarin ek die naam vir die nuwe blog genoem het vir die persoon net om te sien die sot het dit gesteel en as ‘n Facebook page gestig. Dalk moet ek goed voel dat mense by my kom leen want dit wys jou net dat iets by my kook wat duidelik kortkom by jou.

Dit het ek eers gedink na ek die huis se dak gelig het met die gevloek. Dis min wat ek vloekwoorde sal skryf al is ek kwaad en dan probeer ek dit net hier en daar vir trefkrag gebruik. As jy met my praat is dit natuurlik ‘n ander storie en ek weet ek gaan dit moet stop. Mense wat vreeslik erg vloek klink altyd vir my dom. Dis asof jy nie die breinkrag het om jou gevoelens met regte woorde te kan uitdruk nie. Nou is ek self een van daardie mense. Dis vrek moeilik om dit af te leer. Ek moet my woorde soos ‘n mondspoel skommel voor dit uit kom, effens deur die tande ook sif net om seker te maak een “k@k” of “fo@#$en” glip nie deur. Skielik is gesels bietjie boring vir my. Mens raak so bietjie te gewoont aan die vloek lyk dit my.

Ek lees gereeld blog wat vrot van die vloek woorde is en al lag ek lekker vir die storie, kan ek nie help as om ‘n prentjie van die blogger te skep.  En die prentjie einde gewoonlik met iemand wat net-net bo wit plakker is. Heel moontlik is die bloggers glad nie sulke mense nie maar dis hoe dit lyk met elke post vol vloek woorde. Nou besef ek hoe ek vir ander moet lyk en ek voel skaam. Ek voel skaam dat my man saam so ‘n vrou moet lewe want hy is nogal old school en verkies sy vrou moet so effens van ‘n dame wees. So van nou af gaan die Haas haar woorde tel en maar versigtig die kragwoorde gebruik selfs wanneer ek baie kwaad is.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Dis ‘n fo@#op of is dit ‘n gemors?

  1. Lag, lag, lag ek sal maar ‘n koekie groenseep saambring as ek die slag vir jou kuier. Maar danksy my werk glip daar ook van tyd tot tyd lelike vloekwoorde uit my mond en dan lê en kasty ek myself laataand.

    Like

  2. Ek vloek ook heeltemal te veel, en dis nie mooi nie en het al so baie probeer ophou, maar dit voel soos die gekookte kondensmelk op die koek jy weet???! 🙈 ek probeer dit ook maar minimaal gebruik in my blogs😄

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s