Die nightwatchman red die nag

Ons het ‘n nightwatchman wat in die aande ons huis oppas. Hy is bietjie van ‘n weirdo. Hy sal byvoorbeeld langs jou kom sit al het jy dit duidelik gemaak jy soek hom nie daar nie en hy dra altyd die grillerigste geskenkies aan. Maar mens kan nie te hard wees nie want hy doen sy werk. Hy het die ander aand my kom wakker klop want Manlief het die agterdeur oop vergeet en toe het die buurhond in die huis kom rus voor hy verder gaan kuier het. Daar was ook die keer toe die nagaapies in die huis was. Manlief was besig met bouwerk en daar was ‘n helse gat in die muur en die twee het besluit om te kyk hoe lyk ons huis. O en hy kom roep as daar vreemdes op die erf is, as daar slange of ander vreemde gediertes om die huis is en hy hou werkers dop as hulle in die huis moet in kom. Al klagte wat ek het is dat hy baie hare afskud en dat as ek hom wil voer, dan hardloop hy weg asof ek hom gif probeer gee. Dit maak my gevoelens seer.

13342898_10209999429606288_651075605284339934_n.jpg

Twee aande terug het Katta net weer gewys hoekom ons nie sonder hom kan lewe nie. Ek was besig om te droom van verskietende sterre en sulke goed toe hy kom klop. Vir ‘n rukkie loer ek net na die voetjie wat onder die deur uit kruip, die deur hak en met ‘n kattak-kattak heen en weer getrek word. Ek staan toe maar op om te sien wat pla. Die kat van langsaan kom boelie hom gereeld en dan wil hy in die kamer kom slaap. Ek reken dis wat nou aan die gang is en ek is lus en gaan gooi die boelie met ‘n klip. Maar eers badkamer toe. Katta hardloop klaar sitkamer toe se ek weet dis in daardie omgewing waar die probleem is en net toe ek by die  badkamer in stap hoor ek iets wat my bloed laat stol. ‘n Stoomtrein. Dit trek my soos ‘n appel wat uit die boom val dat ek die geyser aan vergeet het. Normaal weg is hierdie mos nie ‘n probleem nie maar ons geyser se termostaat het gebreek so hy bly net warm maak en soos dit nou klink….kook hy.

Ek gryp die flits en met Katta wat vooruit hardloop om die pad te wys, is ons 3 uur die oggend daar uit. My maag sit in my keel want hoe nader ek aan die geyser kom, hoe erger klink dit. Die geyser staan buite agter die badkamer en toe ek om die hoek kom, lyk dit soos iets uit die fliek Volcano. Stoom blaas uit elke pyp uit saam kookende water. Daar spuit stoom en water seker ‘n meter hoog uit een van die pype en my eerste gedagte is om te hol. Dan sien ek Katta wat benoud die huis weer in hardloop. O, het ek vergeet om te noem Katta is ‘n klikbek? Jip, as jy stront aanvang gaan split hy jou by Manlief. Toe Jess skelm op die ashoop gaan speel het, was dit Katta wat Manlief kom haal het en Jess se pakslae veroorsaak het. Toe Spookie kos uit die borde gesteel het was dit Katta wat my kom roep het en again ‘n pakslae veroorsaak het. Toe Tarzan die nagaapie die display case oop gekry het en een van my poppies gebreek het…raai wie het ons kom roep.

Ek weet die ass is oppad om Manlief te gaan roep en as my man hierdie gemors moet sien…gaan ek verseker ‘n pakslae kry en nie die lekker een nie. Gewoonlik as ek panic dan gaan my koppie op empty maar die keer, met die gedagte dat Manlief deur die blare om die hoek gaan kom, werk alles skielik. Eers sit ek die geyser af, toe draai ek die water toe en gaan maak die toilet bak oop sodat die stoom kan uitkom. Ja, die stoom het tot in die toilet ingeblaas. Wat eintlik nice was want dis soos om jou ass ‘n facial te gee. Dit behoort great te wees vir die winter want daar is niks so erg soos ‘n koue toilet seat nie.tumblr_mtjbe9YBF71s7gq1zo7_1280.jpg

Gelukkig kon Katta nie vir Manlief wakker kry nie en ek kon die krisis uitsort. Ek het so groot geskrik dat ek weet ek nie nou geslaap gaan kry nie so ek gaan sit maar en kyk TV. Terwyl ek daar sit bring Nightwatchman vir my iets om my beter te laat voel, ‘n muis, waarop hy baie trots is. Ek laat hom maar op my skoot klim en so sit ons twee en kyk hoe die oggend begin. Jess word wakker en saam gaan sy en Katta uit om vir oulaas patrollie te doen voor sy skof eindig. Die skade was darem nie te erg nie, net twee plekke waar die pype gebars het wat Manlief sommer met tape kon regmaak. Net ‘n FYI, die huis het nie plumbing gehad nie so dis alles met plastiek pype aangelê net om die prentjie duidelik te maak.

Nou ja, die geyser is gered en die huis is veilig en Katta dink van daar af dat hy die beste ding ooit is. Vanoggend het hy sommer op my kussing kom slaap en ek is nog dankbaar genoeg dat ek dit toegelaat het. Vanaand sal ons rustig kan slaaap want ons het ‘n goeie nightwatchman wat alles oppas.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Die nightwatchman red die nag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s