Hallo Karma

untitled.png

Ek glo in karma en ek trap mooi in my spore om uit daai bitch se pad te bly. Karma is eintlik (soos deur Google verduidelik) wat jy doen is wat jy kry, elke aksie het ‘n reaksie en al doen jy goed kan sleg nog steeds met jou gebeur as jou intensie nie goed was nie. Karma beteken dat jy gaan op een of ander stadium voel hoe jy iemand laat voel het so as jy ‘n klein stront was, gaan iemand met jou een wees. Maklik ne. Ek gee die ous ‘n lift sommer maar net omdat ek haar jammer kry en die volgende dag gaan my oorgewig tas deur sonder enige probleme. Karma. Loop ‘n eks raak net om te hoor die se vrou het gaan rondloop (nes jy met my gemaak het dink ek). Karma. Daar is nog baie om as voorbeeld op te dish maar dis nie baie lekker om oor ander se ongelukkigheid te skryf nie. Verlekker ek myself in van hierdie mense se pyn? Soms en dan voel ek soos ‘n hond en vir weke probeer ek dit op maak deur die beste mens moontlik te wees.

Gee ek regtig om dat hierdie mense pyn en hartseer het? Nie eers ‘n bietjie nie. Dit maak my seker ‘n cosmic vark maar ek weier om jammer te voel vir iemand wat die pak kry wat hulle verdien. Ja, soms gebeur shit goed met goeie mense maar ek glo dat die slegte goed wat met my gebeur het was omdat ek iewers in my lewe iemand anders seer gemaak het. Vir lank het ek in hoekies gesit en huil want

“Boohoo, why me?”

Tot ek besef het dat dit een of ander vorm van karma is. Nou vat ek elke eina op die ken en ek aanvaar dat die lewe suck en ons gaan aan. Ek probeer altyd fokus op hoe ek voel as iets sleg gebeur en dan probeer ek dink of ek iemand al so laat voel het. Dit laat ‘n mense dink voor jy praat en doen. Dit het my ook laat besef dat al het jy seer, jy net ‘n slapgat mens is as jy dit gebruik as ‘n verskoning om ander seer te maak.

“My pa het gesuip en do!@# so nou doen ek dit ook.”

K!# man!! Jy is net ‘n vieslike mens en ‘n lafaard dis maar al. Dit het my ook gehelp om die kwaad wat ek vir ander voel te laat gaan want dis nie my werk om hulle ‘n les te lees. Almal kry wat hulle verdien al vat die baie jare en as ek aan die kwaad bly klou, gaan ek nie goeie dinge vir ander kan doen nie. Ek glo natuurlik dat om goeie dinge te doen aansteeklik is en dat as ek net met een persoon nice is, dit nie lank is nie dan is daar duisende mense wat nice is met mekaar. Dit het eendag met my gebeur dat ek die slegste dag van my lewe gehad het. My werk het gesuck want die baas was ‘n boelie, die ex het elke laaste sent uit gesuip en ek was honger en my klere was oud en my hare was vaal en ek was net flippen lelik en nog meer. Ek het kop onderste bo geloop en net gehoop die aarde sluk my in, ek was so na aan trane dat my keel toe getrek was. Skielik, so in die verby gaan vat ‘n meisie aan my arm en sê

“Oe ek loooooove jou hangertjie.”

Ek was so verbaas ek het nie gekyk waar ek loop nie en amper ‘n ou tannie se kierie onder haar uit geloop. Die meisie was saam ‘n vriendin en ek kon hulle vrolike hoor gesels oor my mooi hangertjie en waar hulle so een sal kan koop. Ek het lank daar gestaan, in die middel van die mall en net gestaar en toe na die hangertjie gekyk….en geglimlag. Daardie glimlag het ek weer gedeel met elke persoon wat ek daardie dag raak geloop het en iemand het nogal daardie dag vir my gesê

“Jy’s so vrolik. Jy het regtig my mislukke dag omgedraai.”

Ek het begin lag want daardie persoon het geen idee gehad hoe sleg ek daardie dag gevoel het nie maar een vriendelike vreemdeling het alles verander. Nou, baie jare later, probeer ek daardie vriendelike vreemdeling wees al is ek pynlik skaam. In ons huis, doen ons alles met ‘n oop hart en soveel eerlikheid as moontlik sonder om TE eerlik te wees en ander seer te maak. Wat jy doen is wat jy terug kry.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

7 responses to “Hallo Karma

    • O nee nee nee. Ek is nie nice met kak mense nie. Ek los hulle uit en bly weg sodat karma my nie saam hulle slaan nie. Nee nee nooit, ek bly eerder stil voor ek nice is met ‘n aaklige mens veral die wat vieslik is met my en net omdat ek die kwaad let go beteken glad nie ek sal ooit weer nice wees met hulle nie. Ek sal net nie aspris lelik wees nie dis al

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s