‘n Swak blaas en vinnige voete

Kyk, ek was ‘n gimnas in my jong dae maar vir een of ander rede was ek baie lomp as ek nie in my kostuum was nie. Ek kon flikflakke doen sonder om skeef te trap maar by die huis kon ek nie deur ‘n koesyn stap sonder dat ‘n skouer of heup “tag, you’re it” met die koesyn speel…of ‘n toon en so het ek my vloekwoorde geoefen. Almal weet ek is lomp en dat trappies, hakskoene en ‘n gelyke vloer my vyand is. Wanneer die zombies kom is ek dus in my m@#$ in. So het ek gedink tot vandag. Nou ek het julle vertel van ons nightwatchman Katta wat so mooi die huis oppas en ons hond Jess het dit nie goed gevat nie. Haar selfvertroue is daarmee heen en sy is baie needy. As ek trap moet ek pasop of ek trap haar dood. Katta loop weer asof hy superman is. Ek rol nou al my oogies vir hom want die ego is nou te groot.

Vandag is ek besig met wasgoed en toe ek uit stap na die draad sien ek ‘n baie lang akkedis in die tuin in vlug. Ek herken die outjie nou al, ‘n sandslang en ek weet hy is nie ‘n gevaar vir my maar hy kan die diere lekker seer maak. Ek gril so bietjie maar kyk dadelik ander pad want ek weet as Jess hom sien, gaan sy hom wil vang. Sy het iets om te bewys jy weet. Ek loer so tussen die wasgoed ophang of ek die lang ding sien maar hy is weg en ek voel verlig. Die laaste keer wat ek ‘n slang moes aanvat was dit ‘n skouspel wat niemand weer wil sien. Die res van die dag gaan aan soos normaal of so dink ek. Met bondel nommer twee oppad draad toe stap ek verby Katta waar hy op die gras sit en speel. Net toe ek by hom is besluit ek om te kyk waarmee hy hom besig hou en so waar as bli!@# daar sit hy met die sandslang. Die wetter is maklik ‘n meter lank en hy is nie gelukkig nie. Die gil hak agter my kleintong vas en my blaas laat my so bietjie in die steek. Maar mense, ek voel nou gerus dat ek die zombies sal oorleef want nie net het ek nie gestrompel nie, ek het twee flukse tree gegee toe staan ek aan die ander kant van die grasperk en dit sonder om een stukkie wasgoed te verloor.

Nou moet ek my stupid kat probeer red. Ek verstaan nie waar hierdie nukke vandaan kom nie want hy was nog altyd doodbang vir ‘n slang. Tipies van iemand wat in Afrika groot geword het, slinger ek ‘n klip dat dit tussen hom en die slang hop. Hy kan bly wees ek het nie vir hom gemik nie die ass. Katta knip nie eers ‘n oog nie, hy wil daardie slang gryp. Ek gil op hom maar niks en nou het sy back up gekom in die vorm van my vet (en dom) hond. Die naaste ding aan my is ‘n ou staal hark wat so swaar is dat ek die ding skaars gelig kry maar soos een of ander monster uit ‘n horro movie storm ek met ‘n geskree op die diere af. En dit werk, mind you ek dink ek so ‘n polisieman in riot gear laat hardloop het. Met ‘n flukse sprong wat jy van ‘n Russiese ballerina sou verwag, is ek bo oor die slang om die “kinders” in die huis in te jaag. Meneer Slang beweeg nie, seker ook hom vrek geskrik vir my en toe ek om draai…ai toe voel ek te jammer vir hom om hom iets aan te doen.

Hy eet Frikkies en muise en is geen gevaar vir my so ek praat toe mooi met hom. Vertel hom toe hy beter spore maak voor die baas by die huis kom en hy beter nie sy skubbegesig weer om die huis kom wys nie. Capeesh? Slang is in die bos in en Katta het heel muffed gelyk oor hy nou nie ‘n slang as geskenk vir die baas kon kry. Jess is net bly om deel van die aksie te wees en ek sit nou met seer spiere wat ek nie geweet het ek het nie. Ek gaan snaaks loop vir dae na hierdie snert!

subtaeniatus_DanielSteyl.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “‘n Swak blaas en vinnige voete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s