Skryf soos jy wil dammit

Wie het besluit Afrikaans behoort net aan een groepie mense? Wie het besluit jy moet ‘n graad en dit en ‘n dat en ‘n doerie besit voor jy mag skryf? Waar was die vergadering en hoe het ek dit gemis? Onlangs is vir my gesê ek verkrag die taal en dat backyard skrywers soos ek die rede is hoekom dit verval. O good, ek is bly ek is op iemand se radar. Nou hoorie, jy weet dat Afrikaans eintlik ‘n kombuistaal is ne en dat dit een van die jongste tale op ons ou aardbol is. Dis juis mense soos ek wat die superhero van hierdie storie is. Mense wat skryf vir die liefde van stories vertel in ‘n taal wat net in een baie klein landjie gepraat word. Ek kon altyd Engels geskryf het en wie weet, dalk world famous word maar so mooi soos wat Engels vir my is, is Afrikaans net meer flippen sexy.

Goed, ek het julle nou genoeg verpes met die dat ek die taal so meng. Ek kan mooi opregte en skoon Afrikaans praat en skryf. Ek hou net daarvan om die Engels en Afrikaans en klomp ander te meng. Dis lekker en dis hoe die ou op straat praat. Jan Alleman wat skaars matriek gemaak het maar steeds hard baklei dat Afrikaans se vlam nie verdoof word nie. Ek het nie ‘n boek agter my naam om te wys ek KAN ‘n storie skryf nie. Ek het nie ‘n graad. Ek het net ‘n verbeelding en ‘n manier om dinge te vertel wat gewoonlik maak dat mense luister en nog meer wil hoor. Taal- en spelfoute is daar baie want ek leer nog maar dis backyard skrywers soos ek wat jy nodig het want ons weier om ons mooi taal te laat gaan. In ‘n wêreld wat vra, nee eis, dat ons almal oor gaan na Engels is daar ‘n klein handjie vol soos ek wat nie ingee nie.

As jy skryf om geld te maak of bekend te wees dan is jy ‘n verraaier hoor. Mens vertel nie die stories wat in jou verbeelding gebore word sodat iemand jou kan vertel hoe smart jy is nie. Jy doen dit want as jy daardie storie nie vlerke gee om te vlieg, gaan jou kop ontplof. Dis ‘n skande dat daar mense is wat ander sal aftakel oor iets so persoonlik soos skryf net omdat hulle eie ego dit nie kan hanteer wanneer regte talent voor hulle staan. Plaas help jy, plaas wees jy ‘n mentor en gooi petrol op die vuur van elkee wat se hart brand vir so ‘n mooi taal soos Afrikaans. Dis nie ek wat die einde van hierdie taal gaan wees, dis mense soos Prof My-Stront-Stink nie en Dokter Ek-het-alleen-reg-om-te-skryf wat ons taal vermoor. Jou vel of waar jy skool geloop het maak nie ‘n hel saak , dis hoe goed jy jou storie vertel.

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “Skryf soos jy wil dammit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s