Nagaapies en goggas

OtolCra9.jpgDis met ‘n groot glimlag dat ek vandag kan aankonding ou Tarzan het weer ‘n girlfriend en die kys is ernstig. Vir weke nou al, hoor ons twee jong nagaapies skree en baljaar hier in ons erf. Hulle lyk jonk en ons weet nie of dit ‘n paartjie is en of dit dalk ma en kind is. Hulle kom roep elke aand vir Tarzan en ons besluit om hom buite in sy hok te sit voor hulle wakker word want as hulle eers begin skree, dan word hy bang en kruip weg. Daar is dan geen manier wat jy hom uit sy kamer kry nie. Nou ja, hier gaat ons. Katta en honde word elders in die huis toe gemaak, ligte word afgesit en ons moet nog net camo aantrek dan lyk dit behoorlik of ons iemand in ‘n lokval probeer vang. Ons hoef nie lank te wag toe kom die twee af na die hok. Die groter een van die twee het inspeksie gedoen en toe die sien alles is veilig vir die maatjie, toe waai hy/sy (ons kon nie sien watter geslag). Die een wat agter bly is verseker ‘n meisie en sy laat nie op haar wag om met Tarzan te vry. Om drie nagaapies so bymekaar te sien na ons gedink het hulle is verwilder uit die area het my amper in trane gehad.

Die maatjie vat aan Tarzan deur die draad en klim af tot op ‘n klip langs die hok om hom beter te sien. Sy is mak en duidelik dink sy ons kind is vreeslik oulik. Die geluidjies wat die twee maak is dierbaar. Dis dinge soos dit wat maak dat ek wens ons kon Tarzan laat gaan maar hy is te mak en sal nie ‘n dag daar buite hou nie. Die maatjie kom kuier nou elke aand en ons het vir haar en haar “plus one” piesangs bo op die hok gesit wat hulle baie geniet. Tarzan is nou opgewonde om in die aande uit te gaan en worry nie veel meer oor ons. Waaroor ek bly is. Ons dink daaraan om die draad van die hok te verander sodat hy meer kontak met die maatjie kan hê maar darem nie kan ontsnap nie. Die twee nuwe bure het ook ander nagaapies gelok en dis ‘n behoorlike party vroeg oggend as almal hier verby kom om te gaan slaap. Again, ek vertel dit met ‘n mo@#$ glimlag op my gesig.

Nou die goggas. Hier in Zim waar ons bly is dit nog wild. Goggas so groot soos jou hand en omtrent elkeen kan jou lekker seer maak. Ek was skaars hier toe kry ek bosluis koors van twee goedjies so klein soos ‘n speld se kom wat my gebyt het. Later het ‘n gogga wat kan vlieg my netjies op die een suster gesteek toe ek ontbloot tande geborsel het. Onder my kleintoon is steeds ‘n ggat van ‘n vieslike geel en swart bosluit wat ek daar gekry het en my voet ‘n bo op ook nou ‘n krater want iets het my daar karnuffel omtrent 2 weke terug. Die Frikkies is die hele huis vol en hulle doen ‘n flippen goeie werk, ek het hoekal gesit en kyk hoe een ‘n spinnekop uitsort maar daar is goggas wat verby die wagte glip en in plekke beland wat jy nie soek.

Om die storie reg te vertel moet ek eers vir julle vertel dat ek eintlik ‘n skaam mens is. Ek is nie een vir short-shorts en tanktops nie. Preets dink ek is die woord. Ek is nie skaam oor seks of my lyf nie maar vandat ek getroud is het ek so bietjie skaam geword oor dit. Gelukkig word my man meer lief vir my hoe weirder ek word. Kaalbas loop vir manlief is dus nie iets wat gaan gebeur nie. So nou kan jy dink hoe het sy mond oopgehang toe ek twee aande terug skielik uit my broek spring en wit gat in die lug staan met altwee my hande om my kuit. Eers het hy nie geweet wat om te doen nie en ek kon sien hy wou lag tot ek my asem terug kry en begin skree soos ‘n ding wat vrek. Manlief staan verward tussen my kaalgat aan die een kant en my broek aan die ander en hy weet nie wat om te maak. Hy wil eers die broek vir my aangee (altyd so flippen ordentlik) maar ek gil weer asof hy vir my ‘n kool uit die vuur probeer gee.

“Wat? Wat gaan aan? Kry net iets meer uit as eina eina eina!” raas hy wat my net meer laat skree. Ek praat hier van primal scream hoor. Manlief was skoon wit. Hy sien ek bly die kuit vasklou (ja, wit gat steeds out there vir almal om te sien) en hy gryp toe ‘n sak uit en plak dit op die rooi plek, skut my denim uit en vind die swernoot wat al die moles gemaak het…’n klein swart skerpioen so groot soos jou duim se nael. Alla bliksem maar dis seer. Die k@k ding het my met drie keer gesteek voor ek uit daardie broek was en dis ‘n pyn wat ek nie in woorde kan sit nie. Ek het regtig gedink ek gaan flou word. Dis maar my manier dat as ek iets voel loop op my vat ek nie daaraan of vra wat is dit nie, ek pluk klere uit en wonder dan wat was dit. Hierdie klein satansgogga was net te vinnig vir my. Dit steekplekkies brand nou nog en dis nou al byna 3 dae later. So nou en dan voel dit of ‘n duisend van sy klein boeties my beet kry en dan hop ek weer rond. Jy kan weet die Frikkies het ‘n helse uitk@k gekry oor die glips en Manlief kan nie oor dit praat sonder om te lag dat hy huil en ek hom ‘n vuil kyk gee. My waardigheid is nou al daarmee heen. Afrika is nie vir sissies.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Nagaapies en goggas

  1. Ek het niks witty om hier te sê nie. Ek imagine net die wit gat wat rondhop en skree Eina Eina Eina!
    Ek en my arachnophobia sal nie oorleef in Zim nie. Ek het eers nou die dag geleer ek hoef nie rerig bank te wees vir Langbeenspinnekoppe nie. Al is hulle glo een van die giftigste ter wêreld. Dank die Vader hulle kake is te sag om mens te byt.

    Like

  2. Hehe, cool stories! Nou’t ek net klomp vrae 🙂
    Dink jy Tarzan sal wegloop as jy die hok ooplos? Of dalk gehap word deur ‘n roofdier?
    Stupid vraag – dink jy dis ‘n klein skerpioen spesie of ‘n jong een?

    Like

    • Tarzan is baie baie nuuskierig en sal verseker uit die hok gaan as hy oop is en tien teen een deur die reuse uil gegryp word of een van die mense sal hom gryp. Hy het sy “wild” heeltemal verloor en sal sommer aan ‘n vreemde hond of mens wil gaan vat. Die skerioen is verseker net ‘n baba. Ons het al van hulle gekry wat so groot soos jou hand is. Dodelike blikskottels

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s