Nee vir Moedersdag

untitled2.png

Hierdie jaar weier ek om iets met “Mothers Day” te doen te hê. Dis nie omdat ek nie self kinders het of dat my ma goor is of so iets nie. Ek het twee wonderlike ma’s vir wie ek nooit genoeg dankie sal kan sê maar ek het nie bemarkers met doller tekens in die oogies nodig om vir my te vertel wanneer ek my ma, skoonma en ouma moet laat special voel. Ek doen dit so gereeld ek kan. Ons huis doen nie goed soos Valentines Day of Moeders en Vadersdag of selfs Kersfees nie. Ja ek weet, Kersfees het te doen met iets soveel groter maar dis gekaap deur big wig companies wat jou laat voel as jy nie ‘n geskenkie vir ALMAL koop dan is jy ‘n d!@#. Nope, se gat. Ons doen verjaardae and we do it big want dis JOU special dag en dis die een dag in die jaar wat ons seker mekaar jy weet hoe awesome jy is.

Die lewe beweeg te vinnig en daar is op die stadium meer malls as grond om kos te plant, huise vir oumense en weeskinders of bome wat die suurstof maak wat ons nodig het om te lewe. Ons word vertel ons moet koop en koop en koop want DIT is wat ons gaan gelukkig maak, DIT is hoe jy wys jy het dit gemaak in die lewe en hoe jy ander gelukkig maak.  Ek is klaar met dit want ek kos nodig, ek het suurstof nodig en ‘n mall gaan dit nie vir my gee nie. In Desember het ek nuwe klere gekoop by PEP nogal en toe in April van my ou klere na my ma gevat en met haar geruil. Ek doen dit met mense wat byna my size is, as ek moeg raak vir my blink hemp en hulle is moeg vir die denim hemp dan ruil ons en so mors niemand geld en gewoonlik lyk my blink hemp altyd mooier aan iemand anders. Ja snak maar na jou asem, ek dra second hand klere en dis wonderlik. En as die klere nie meer gedra kan word nie, vat House Manager dit na sy vrou wat dit dan opsny en ‘n laslappie romp van dit maak. Die romp het ‘n naam in Shona en die meisies dra dit vir formele funksies so HM se vrou maak ‘n lekker geldjie uit my ou hemp wat te veel kolle gehad het maar in die romp pronk ‘n stukkie van my ou klere op iemand se troue.

So nee dankie vir Moedersdag waar iemand anders alweer vir my wil vertel wanneer ek moet shop en vir wie en wat ek moet koop en dat as ek dit nie doen, is ek ‘n k#k kind. So be it then. Ek vertel gereeld vir my ou en nuwe ma’s hoe baie hulle vir my beteken, bederf hulle soveel as wat ek kans kry en ek het nie een Sondag in ‘n jaar nodig om dit te doen nie. Wat van Moedersdag elke dag as ma moeg gewerk is, kos moet gemaak word, wasgoed en skottelgoed moet gewas word en haar gunsteling storie moet alweer record word. Wat van was elke dag jou eie skottelgoed, gooi jou wasgoed in die mandjie en help haar met die kos. Wanneer jy uit die huis is, gaan kuier gereeld en maak ‘n fuss oor haar sodat sy altyd weet hoe dankbaar jy is vir haar en dieselfde met pa’s. Ons fokus te veel om goed wanneer ons eintlik  moet fokus op hoe ons ander hanteer. As jy hierdie Moedersdag uitsien daarna om uiteindelik die kinders te sien of van hulle te hoor, dan mamma, is dit tyd om die paplepel bietjie af te stof. EN as jy een van hierdie kinders is, gaan een dag ‘n jaar nie opmaak vir die gat in jou ma se hart omdat jy te besig is vir haar.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Nee vir Moedersdag

  1. Ek stem als is besig om in “plestiek” te verander…. solank my kinders net onthou ek het al my vorige lyfrome so ge-re-gift dat ek tot groot ontnugtering agtergekom het ek her nie ‘n enkele bottel lekker spesiale lyfroom oor nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s