Snip-snip!!

14211991_10210850035030892_8797952085753682002_n.jpgEk het lank gedink of ek julle hierdie storie moet vertel want die skade wat dit gedoen het, is nou nog nie reg gemaak. En tog, mens moet die waarheid praat en hierdie storie is die waarheid.

Dinsdag kom Spookie kat by die huis. Ons is al van baie vroeg op want Katta het kom alarm maak en ek dink dis omdat hy Spook sien kom het en besef het hier is moeilikheid. Spook se gesig is geswel en hy kan nie trap op die agtervoet. Ek, Manlief en House Manager staan soos ‘n span in ‘n teater om hom en ondersoek die been. Al drie van ons reken dat die harde stuk iets wat regs uit die been steek, moenie daar wees. Die been is gebreek dink ons. Manlief gaan kry dinge by die werk reg en ek maak handdoeke en komberse bymekaar om Spook mee te transport. Ons het nie een van daardie pet transport hokkies nie (ek wens so ons het want diere wat rond hop in die bakkie is nie vir my) anders was hierdie ‘n maklike trip Harare toe. Alles in orde laai ons Spook in die bakkie en ons het net uit die erf gery toe begin hy skree. Hy huil iets vreeslik en is op en af in die bakkie. Naels uit en hy wil niks van my weet. Ek mag dalk dink hy is “ons” kat maar hy is die Baas se kat en klaar. Hy probeer heeltyd op die baas se skoot sit terwyl die probeer bestuur. Dit gaan die langste 3 ure van ons lewe wees het ek gedink….ek was verkeerd as ek gedink het ‘n kat was skree is die ergste wat kan gebeur.

45 min in ons trippie in gaan klim Spook weer op die baas se skoot en ek staar by die venster uit. Ek vloek hier binne my dat Manlief nie geluister het toe ek hom mooi vertel dat hierdie “free roaming cat” ding nie gaan werk.

“O fok!”kom dit van hier langs my. Ek wip soos ek skrik.

“Gee gou die handdoek, hy pee!” Daar sit Spookie, mooi netjies tussen Manlief se bene en hy laat gaan. Hy het so ‘n straal gepee dat al drie die handdoeke en kombers nat is. En toe poep hy nog net om alles af te rond. Ek wil vrek, ek wil huil, ek wil hierdie bliksemse kat drop kick by die venster uit. Nou stink die bakkie en enige ou wat van katte ken WEET hoe stink kat pee. My jean is nat, Manlief se broek is nat tot in die onnie en ons kan nie die vensters oopmaak nie want dan begin die kat van voor af skree. Ek is so naar en ek bid net heelpad hy wil nie nog nommer 2 ook nie. Om te dink, ek het mooi aangetrek sodat ons iets iewers nice kan gaan eet as Spookie by die veearts is maar dis nou verby. Gelukkig stink dit mos altyd by ‘n veearts so ek troos my daaraan dat niemand ons gaan snaaks kyk nie. Ek was verkeerd. Met die instap kan ek sien hoe trek die tannie haar neus en loer na die klein katties by die deur.

“Haal sy ballas uit.”grom ek vir Manlief en hy wil nog keer vir die kat se juwele maar ek is klaar. Die baklei, die rondloop, die skree op my as hy uitgehonger is deur sy slette en hierdie pee op my. I’m done. Ek soek daai klokke en klaar. Manlief moes die moord in my oogies gesien het want met Spookie styf teen sy bors soos een wat hom vat om geoffer te word, stap hy agter tannie Dokter aan. Ek sien die tannie by die toonbank bly vir die katties by die deur loer en toe sy begin nader stap na waar ek langs hulle sit, keer ek maar gou en vertel die waarheid. Dis nie hulle wat stink nie, dis ons. Sy begin lag en vra of ek in die badkamer wil gaan skoonmaak maar toe ek vir haar verduidelik die pee is orals, gee sy my net ‘n kyk van simpatie. Weet julle hoe erg moes ek stink dat sy my van die toonbank af kon ruik? Dis ‘n groot wagkamer dammit en daar is ander goed wat ek ruik maar die kat pee kom bo alles uit.

Nou moet ons gaan kos kry en na baie planne besluit ons om vinnig in te gaan by een van die winkels, pies te koop en dan in die parkeer area te gaan sit en eet. Ek kan julle vertel dat ons kyke gekry het wat ek nog nie beleef het nie. Selfs die smouse het ons kar vermy. Aarde sluk my in en al wat my troos is dat ek daardie bliksem se balle laat uit sny. Ek wens ek kon dit in ‘n bottel hou en voor sy oogies skud elke keer wat hy 3 uur die oggend op my kom skree of as hy my aanval omdat ek sy baas gesoen het. Net sodat hy kan sien wie regtig die baas is.

Op die ou einde was Spook se been nie gebreek, dit was ‘n ou besering wat ‘n abses gemaak het en die het toe kliphard geword en los gekom. Die pad terug was stil want hy was nog lekker gedrug maar ek en Manlief het tien jaar ouer gelyk. Ek sweer dat die reuk van kat pee jou sal kan doodmaak want ek was half vrek toe ons by die huis kom. Ons Spookie kat is so bekend in die area dat daar ‘n groep mense ons inwag om te hoor wat met Spook gebeur het. House Manager en Gardener staan reg om te help dra en ons buurvrou van oorkant die mielieland staan by die agterhek nuuskierig en loer. Toe ons vir die twee manne verduidelik wat met Spook gebeur het, sien ek Gardener stap na buurvrou om die nuus oor te vertel. Hierdie Spookie lyk my gaan kuier by almal as hy so rondloop, kan nie glo ek besef dit nou eers nie.

Dit het drie keer se was gevat om die reuk uit te kry en die bakkie moes heel week oopstaan. Selfs ou Spookie het gestink maar Katta het hom darem kom was. Hy was Spookie se nurse gewees tot die uwe weer gaan kuier het. Seker vir al sy ander mense gaan wys hoe lyk sy eina. Hy was darem na ‘n dag of twee weer terug maar ons was baie geworry want die slange loop en hy het seer, net nou eet iets hom. Moes daardie balle gevat het, hy sou twee keer dink voor hy rondloop as ek hulle hier op die kas uitstal. Flippen diere maak my klaar.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Snip-snip!!

  1. Ai shame. Wat ‘n drama. Ja nee, katpiepie is nie ‘n grap nie. Loer asseblief by my blog in en follow my – jammer om te vra – maar ek kort followers. My blogadres het verander. Ek moes dit doen – vir besigheidsredes. Mooi week verder. Groete, Ilse
    https://goodcontentweb.wordpress.com/

    Like

  2. Lekker gelag vir die knater eskepade. Glo my ek ken van kat piepie op jou skoot in die kar. Dit toe ek emosioneel op n baie slegte plek was. Ons het verhuis na nege jaar op n plek, toe ons Toffie in die vroee more ure los trek. Ek het net gese stop en daar en dan my broek uit getrek en verder so gery. Was net nie in staat vir enige verdere aksie nie.

    Like

      • Ek dink ons was almal te getraumatiseer deur die afskeid. Ons het in stilte verder gery. Later ons asems terug gekry en later gestop in die tasse gaan krap vir n broek om aan te trek voir ons eerste putstop.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s