As jou tor nie kan stil sit of sommer net pad gevat het

Vir ‘n rukkie nou al kom ek agter dat iets nie lekker is met my nie. Ek vergeet goed, ek vergeet wat ek nou net gevra het, mense sal direk vir my kyk en met my praat en ek sal niks hoor wat hulle praat. Om take te voltooi vir my kursus of selfs ‘n boek klaar te lees is nou soos om ‘n berg kaalvoet te klim. Ek sal opstaan om iets te gaan doen en drie ure later weer kom sit, sonder dat daardie ding gedoen is. Ek kan nie my beurt af wag om te praat nie en praat nou al bo oor my man, iets wat ek nog nooit gedoen het nie. Om na ander te luisters, regtig diep te luister was nog altyd ‘n talent van my en nou dryf ek binne sekondes weg of raak ongeduldig as jy nie tot by die punt kom nie. Dit voel of ek mal word, dit voel of ek alles om my met duct tape aanmekaar hou want my brein was nog altyd die beste gedeelte van my en nou fail dit.

My poging om ‘n boek te skryf duik keer op keer teen die grond want ek kom half pad en verloor belangstelling of die werk is net te veel en dit voel of my vel kriewel en ek kan net nie een woord verder skryf nie. So true to my nature van nuuskierig wees, het ek gaan navorsing doen. Wat gaan aan met my, hoekom pop hierdie probleem nou eers op en wat kan ek doen om dit reg te stel?

Die een ding wat oor en oor en oor sy vieslike koppie uitgesteek het was ADHD of ADD. Volgens hordes websites en baie studies is dit moontlik dat ek dit nog altyd gehad het in “mild” vorm. Soos ek prof na prof en dok na dok se studies lees, maak soveel dinge van my lewe sin. Nou dan hoekom het dit gegaan van mild na pyn in die gat nou dat ek ouer is? Want ek het op hou drink. Jip, glo dit of nie maar die dop het my oor aktiewe brein in toom gehou maar ook genoeg skade gedoen dat ek oor die streep van mild beweeg. Nou dit kan dit wees of dit kan iets anders wees maar tot ek nie by ‘n dokter uit kom, gaan ek nie weet. Manlief rol sy oogies vir my en reken ek verbeel my want ek is altyd “nie lekker” of “af” of het ‘n pes so basies ek is Melvin van Madagascar. Maar mens weet as daar iets fout is, jy weet nie wat maar jy kan dit voel.  Of verbeel ek my regtig net?

Manlief weet nie maar ek het al in die bad gesit en huil omdat ek die oond oornag aan vergeet het, die geyser amper opgeblaas het, ses keer moet gaan kyk of ek die gas stoof toe gedraai het, tien keer in ‘n uur vir hom vra wat hy wil eet en dan soos ‘n moroon voel as hy vir my lag omdat hy nou net vir my die hele menu uitgespel het en ek het klaar weer vergeet. Ek was nog nooit so gewees nie en dit voel of ek beheer verloor. Dit maak my so benoud dat my keel toe trek. Watter dokter gaan sien mens vir “ek kan nie onthou of ek gaan piepie het toe ek wou nie, my blaas voel vol maar is dit ‘n nuwe een of die een wat nie gedoen is?” Die dokter wat jou by die groendakkies in book reken ek.

En uiteindelik verstaan ek Alice in Wonderland

untitled.png

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “As jou tor nie kan stil sit of sommer net pad gevat het

  1. ek dink eers ‘n neuroloog en dan ‘n kopdokter. Want as daar fisies fout is gaan die kopdokter dit nie sien nie, maar die neuroloog sal kan sê as jy ‘n kopdokter moet gaan sien. Of miskien wil jou brein net chill… dit is nie lekker nie. x

    Like

  2. Hoor nou die dag die – snaaks en onthou goed van toe ek tien jaar oud was, maar kan nie onthou hoekom ek sitkamer toe gestap het nie. Simpatie liewe Haas, ken die gevoel.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s