Ek is deel hiervan!

18664670_660552250822335_2358343884411385608_n.jpg

Ek was nog nooit deel van iets soos die nie maar nou is ek. Elke stap van hierdie boek se geboorte het ek gevolg. Riana en Elsabe het in 3 maande nie een nie maar twee boeke die lig laat sien. Binnekort sal SA Digters ook beskikbaar wees en ek is uit my vel bly om te sien ons eie Strooimeisie se gedig gaan daar in verskyn. Ek volg ou Strooi vandat ek begin blog het en het nog altyd gedink haar mooi skryf gaan iemand se oog vang…nou ja, daar gebeur dit toe. Ek het klaar vir Manlief vertel ek soek net ‘n vliegtuig kaartjie vir my verjaardag die jaar sodat ek die party hier bo kan gaan beleef. Ek was nog nooit by so iets nie en ek dink dit gaan awesome wees. Die van julle wat dit kan bywoon moet sommer nou al bespreek. Nou wonder ek, as ek so opgewonde is oor iemand anders se boek….hoe gaan dit eendag voel as dit myne is?

Op die oomblik is ek besig om te werk aan my taak vir Skryfgeheime. Karakterkaart is van die duiwel. Hoekom ek so sukkel met dit weet ek nie! Jy moet basies jou hele karakter uitskryf of eerder ‘n onderhoud met hulle doen. Goed soos “Wat eet jy graag?” en “Is jy ‘n oggend of aandmens?” Jy moet jou karakter voor jou sien staan, die hele mens en dan met hulle gesels. My probleem is dat ek in die karakter se kop sit, ek is die karakter en dit werk nie. Jou karakter moet mense op hulle eie wees. Geen wonder skrywers is sulke weird mense nie, daar word van jou verwag om mense te sien wat ander nie kan nie. Anyway, dit maak dat hierdie Haas niks oor het vir die blog nie. Ek is uitgeskryf want alles moet op gehoop word vir die taak. Nou verstaan ek hoekom jy nie mense soos Stephen King op ‘n blog sal kry nie. (Nie dat ek ooit in my lewe in sy klas sal wees nie)

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Ek is deel hiervan!

  1. Sjoe, Hasie! Ek tik sommer nou stotterend en stamelend en blosend! Jy is een van die bloggers/skrywers waarna ék opkyk, so dit is vir my ‘n vreeslike groot eer om so iets van jou te lees! En terloops – jou boek kan niks anders as ‘n treffer wees nie! x

    Like

  2. Stephen Kind vertel in ‘n onderhoud hoe ‘n onderwyser hom eenkeer aangespreek het omdat hy sy skryf talent “mors” op sulke “onheilige” stories en hoeveel jaar hy skaam was oor wat hy skryf. Selfs toe hy al suksesvol was. Dink net as hy toegelaat het dat iemand sy unieke stem smoor.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s